Brief: Moslem-aktivis Yusuf Abramjee val De Goede Hoop-koshuis aan

Op dieselfde dag as wat ‘n Moslemterroris meer as 40 mense in Londen probeer afmaai het, het die Suid Afrikaanse Moslem-aktivis Yusuf Abramjee ‘n ongelooflike aggressiewe veldtog teen Afriforum op Twitter geloods. Blykbaar het die papbroekige Afriforum ‘n “Afrikaans-koshuis” langs Tukkies oopgemaak. Die aktivis Abramjee se tydlyn bevat aanval op aanval, asook klagtes by verskeie organisasies waaronder die universiteit self.

Regse figure soos Paul Joseph Watson en Stefan Molyneux praat gereeld oor die Islamisering van linkse politiek in die Weste. Mens kan dit sien in die obsessie wat Abramjee en die intellektuele klas in SA het met frases soos “condemn” en “has no place”. Daar is nie ‘n dag wat verbygaan waartyds ‘n aspek van die Westerse beskawing of blankes nie “ge-condemn” of veroordeel word nie. Ek word briesend as ek die FW de Klerk-video’s van die vroeë negentigs kyk. Wat sou die reaksie van die ou SAW gewees het as hulle geweet het dat die woorde “condemn” en “has no place” elke dag vir amper 30 jaar by blankes se kele afgedruk gaan word?

Yusuf Abramjee

In Amerika staan “social activists” as “community organisers” bekend. Die term “community organiser” is deur die kommunistiese Jood Saul Alinsky uitgedink. Dit beskryf iemand wat as agitator vir ‘n politieke doel optree. Eers was mense agitators vir die “Civil Rights Movement” in die 1960’s en in vandag se konteks agiteer sulke mense namens globalistiese (meestal anti-blanke) belange. In 2016 was Ambramjee in twee groot “community organising”-gevegte betrokke. Die eerste man wat onder sy skerp tong deurgeloop het, was ‘n skaam Afrikaner genaamd Richard Botha. Botha het beswaar aangeteken teen die konstruksie van ‘n moskee in Valhalla. Die saak gaan een of ander tyd vanjaar voor ‘n hof draai en soos altyd verwag ek dat die blanke man en sy gemeenskapsveldtog sal verloor. In Junie laas jaar het Abramjee ‘n ontsettend kleinlike veldtog teen ‘n gestremde onderwyser van Johannesburg gelei. Sy sonde? ‘n Brief wat verskille tussen die Islamitiese geloof en Christenskap uitwys. Toe die onderwyser, Bob Fuller, weier om terug te staan, het Abramjee die saak laat vaar omdat Suid-Afrika, mislukte staat wat hy is, alreeds na sy volgende rasseherrie — die Andre Slade-sage — aanbeweeg het.

In die verlede het Abramjee al telke male die “Islamofobie”-kaart gespeel, maar hy spreek homself ook gereeld uit teen die regime van dr Assad. Persoonlik ondersteun ek dr Assad se regime, Iran se anti-Sionistiese-en-rasbewuste staat en Hezbollah. Maak dit my ‘n “Islamofoob” of ‘n “terroriste-ondersteuner”? Ek was al met Soenni-Moslems in argumente waar ek in dieselfde asem as ‘n “Islamofoob” en “terroriste-ondersteuner” uitgekryt is. Blankes besef nie hoe groot die Soenni/Sjia-skeiding tans in die Midde-Ooste is nie. President Poetin ondersteun duidelik die Sjia-faksie; ek stem saam met hierdie standpunt.

Ek neem aan dat Afriforum se koshuis geskep is om blanke studente te beskerm teen die chaos wat tans op SA kampusse heers. Dr Dan se goeie vriend Jared Taylor skryf al dekades oor die konsep van “white flight”. Hierdie konsep is onlangs as ‘n akademiese term aanvaar. In sekere aspekte was die Voortrekkers van destyds ook deel van ‘n soort “white flight”. Die probleem is dat ons ras al te lank weghardloop van rassekonflik en die probleme wat deur multikulturalisme geskep is. Daar word nou summier vir ons voorgeskryf dat enige vorm van “selfbeskikking” — of dit nou in SA of in Wes-Europa of in Amerika is — glad nie geduld sal word nie en dat blankes gedwing sal word om as verpesde minderhede onder vyandige, bloeddorstige regimes te verkeer. Ek sê nee! Die altregs sê nee!

My standpunt oor die Afrikaner se situasie bly onveranderd. Daar is géén toekoms vir die blanke in Afrika nie. Afrikaans sal waarskynlik teen 2050 ‘n uitgestorwe taal wees en die landbousektor sal teen 2030 soos Zimbabwe s’n ineengestort het. Laasweek het die voormalige hoof van die BNP, Nick Griffin, aangekondig dat hy permanent sy tuiste in Brittanje gaan verlaat om na Hongarye te verhuis. Hy beplan om in landelike gebiede opleiding aan apolitiese, rasbewuste, nasionalistiese bewegings te verskaf. Hy voorspel dat alle vryheidslustige blankes binne die volgende 20 jaar na Oos-Europa sal verhuis. In die verlede het ek baie van Griffin verskil, maar ek dink hy is reg. Kallie, ek weet jy lees Praag skelmpies terwyl jou vrou slaap. Luister nou mooi na my, as jy slim wil wees, open jy die De Goede Hoop-koshuis in Estland of Abkhasië, want in Suid-Afrika is jou volk en ras duidelik lankal nie meer welkom nie.

— Vicky

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.