Groenlig vir skaliegas-ontginning in die Karoo

Die regering het die groen lig gegee vir die ontwikkeling van skaliegas in die Karoo, het die minister van minerale bronne Mosebenzi Zwane gesê.

Hy het dit tydens ‘n gemeenskapsbetrokkenheidsgeleentheid by skaliegas-ontwikkeling in Richmond, in die Noord-Kaap gesê.

“Op grond van die balans van die beskikbare wetenskaplike bewyse, het die regering ‘n besluit geneem om voort te gaan met die ontwikkeling van skaliegas in die Karoo van Suid-Afrika,” het hy gesê in ‘n toespraak.

Hy het gesê die regulerende raamwerk sal verseker dat skaliegas “ordelik en veilig ontwikkel” word deur hidrouliese breking, algemeen in Engels bekend as “fracking”.

“Die finalisering van Minerale en Petroleum Resources Development Act (MPRDA) wysigings sal ook help om die ontwikkeling van skalie gas te bespoedig,” het Zwane gesê.

Die departement beraam dat tot 50 biljoen [‘trillion’ in Engels] kubieke voet skaliegas wat verhaalbaar in die Karoo-kom kan wees, veral in die Oos-, Noord- en Wes-Kaap.

Hy het gesê dit is in hul belang om te verseker dat alle Suid-Afrikaners bevoordeel word sosiaal en ekonomies deur die minerale rykdom.

Die land is grootliks afhanklik van steenkool as ‘n enkele bron van energie vir baie jare al.

Die regering het besluit om die energiemandjie te diversifiseer om voorsiening te maak vir “koste-mededingende energie-sekuriteit” en “aansienlike vermindering van die koolstofvoetspoor”.

Zwane het gister gesê hulle was bewus van die risiko’s en “uitdagings” van die ontwikkeling, veral op water en die omgewing.

Swart gemeenskappe sal glo voordeel trek uit skaliegasontwikkeling, terwyl die SKA radioteleskoop-opset glo nie geraak sal word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Chroom

    En daar mee kry Mosebenzi Zwane ‘n lekker stewige geskenkie en ‘n klop op die skouer. Daarmee gaan ook die vernietiging van ‘n baie komplekse natuurstelsel. Die ergste is dat daar nie veel mense indiens geneem gaan word nie, want die tipe bedryf word meestal meganiese gedoen en hande arbeid is beperk. Al wat daardie boere nou kan doen is om toegang te weier op hul plase, nie dat dit veel sal help nie, maar dit kan die proses vertraag.

    • Cobus Booysen

      Hulle sal bloot die grond onteien met die aanpassing wat hul wil maak in die konstitusie. Hulle het seker hul eie wetenskaplike verslag laat skryf en dit toe voorgelê as hul bevindings al het ‘n onafhanklike wetenskaplike verslag wat lank terug uitgereik is die teendeel bewys dat die risiko te groot is met die proses wat gevolg moet word vir hidro breking.

      • sussie se vissie

        Aag wat Cobus.
        Toe Kulubuse Zuma twee jaar terug in die omgewing van Merweville gewaar was, was die skrif reeds aan die muur.
        Inderwaarheid was die ‘ok’ reeds toe al gegee.
        Hierdie die blote formaliteit…onder dekmantel van ‘deursigtigheid’.