VN-ondersoekers na mensregteskendings in DRK se liggame in vlak graf gekry

Deel op

Die Amerikaanse en Sweedse VN-ondersoekbeamptes se liggame is in ‘n vlak graf in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontdek.

Die twee het blykbaar nie besef dat hulle nie tussen ‘n Afrika-despoot en sy geld moet kom met praatjies van menseregte nie.

Die twee is “sinneloos vermoor,” het die Amerikaanse ambassadeur, Nikki Haley by die Verenigde Nasies in reaksie Dinsdag gesê en gelas dat ‘n ondersoek na hul dood aan die gang kom.

“Dit is met groot hartseer dat ons vandag bevestiging ontvang het van die dood van Michael Sharp en Zaida Catalan,” het Haley in ‘n verklaring gesê.

Catalan was die jeugleier van die Groen-linkses in Swede.

Die twee het meer as twee weke gelede verdwyn. Hul liggame – en dié van hul Kongolese tolk Betu Tshintela – is gevind in die provinsie Sentraal Kasai, het plaaslike amptenare Dinsdag gesê. Die twee ondersoekbeamptes was op soek na grootskaalse geweld en beweerde menseregteskendings deur die Kongolese weermag en plaaslike burgermag groepe.

Daar heers ontevredenheid in die provinsie teen die president, Joseph Kabila. Regeringsamptenare het Saterdag gesê sowat 40 polisiebeamptes is keelaf-gesny in die dodelikste aanval op die veiligheidsmagte sedert die opstand verlede jaar begin het.

VN-syfers dui daarop dat meer as 400 mense reeds dood is in geweld waarin militante die skuld vir gruweldade op regeringsmagte pak wat daarvan beskuldig word dat hulle burgerlikes uitroei.

Suid-Afrikaanse doeanebeamptes het intussen ‘n Ferrari ter waarde van meer as 13 miljoen rand onderskep wat na Suid-Afrika gesmokkel is deur ‘n burger van die DRK.

Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens staan die motor sedert 2014 in ‘n pakhuis in Suid-Afrika. Die SAID sê toe die motor vir die eerste keer die land ingebring is, het die eienaar nie die regte invoerprosedure gevolg nie en die motor is in die pakhuis gehou.

Die eienaar het in Februarie dokumente ingedien om die motor na die DRK te neem, maar ‘n dag later is daar gepoog om die Ferrari deur dieselfde grenspos terug na Suid-Afrika te bring. Die motor is intussen geskut.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.