Intelligensie-verslag wys dat Gordhan met Londense bankiers heul teen Zuma

Deel op

Zuma se plan om van Pravin Gordhan ontslae te raak, is verwerp deur top ANC-leiers in twee vergaderings.

Volgens binne-inligting het sekretaris-generaal Gwede Mantashe, tesourier-generaal Zweli Mkhize en adjunk-president Cyril Ramaphosa Brian Molefe as plaasvervanger verwerp.

Zuma se plan om die Minister van Finansies, Gordhan, af te dank is na bewering gebaseer op ‘n verdoemende intelligensieverslag.

Bronne het aan die lig gebring dat die verslag glo beweer dat Gordhan aan bankiers in Londen gevra het om by die Tesourie te staan ​​in sy stryd teen die presidensie en die Guptas.

Gordhan se plek sou deur die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Brian Molefe, volgestaan word, maar dit is verwerp deur die SAKP en die helfte van die top ses ANC-amptenare.

Zuma het Maandag by twee vergaderings, gewapen met ‘n intelligensieverslag opgedaag, wat toon dat Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas, vergaderings ook in die buiteland geskeduleer het met mense wat sy regering omver wil werp.

Die SAKP se adjunk uitvoerende hoof Solly Mapaila het gesê ‘n afvaardiging van die SAKP het nie saamgestem met planne om beide Gordhan en Jonas te verwyder nie. Bronne het gesê Zuma het ook teenstand van die top ses amptenare op dieselfde dag gekry.

Die president is onder druk om te bewys hy is ernstig oor die stryd teen “wit monopoliekapitaal”, maar kennelik is die kommuniste van die SAKP tevrede daarmee.

Op Maandag se vergadering het die SAKP-afvaardiging Zuma se voorneme om Molefe aan te stel in Gordhan se plek, afgekeur, sê Mapaila.

Mapaila het gesê hoewel die SAKP oor die vertroulikheid van die vergadering ooreengekom het, is die storie aan die media uitgelek.

Mapaila het onthul dat die SAKP-afvaardiging aan “Pravin die voordeel van die twyfel gee” en nie wil optree na ‘n verslag saamgestel deur ‘n “boef” intelligensie-eenheid nie.

Zuma het ook gesukkel om die ANC se top ses te oortuig tydens ‘n vergadering Maandag, het bronne gesê.

Die vergadering het voorgestel dat Zuma liewer onderpresterende ministers afdank, insluitende Bathabile Dlamini van Maatskaplike Ontwikkeling, Mynbou Minister Mosebenzi Zwane, minister van kommunikasie, Faith Mutambi, Water Minister Nomvula Mokonyane en Des van Rooyen van Koöperatiewe Regering.

Staatsveiligheid se woordvoerder Brian Dube “het geen kennis” van enige intelligensie verslag oor Gordhan nie.

Gordhan het by die begrafnis van die oud-bomplanter Ahmed Kathrada emosioneel geraak toe hy gegroet is met “ongeag of jy ‘n minister is of nie” deur die Kathrada-stigting. Kennelik is die intriges van die kleptokrate besig om sy tol te eis.

Die voormalige adjunkpresident Kgalema Motlanthe ‘n brief van Ahmed Kathrada by die begrafnis voorgelees waarin Kathrada Zuma vra om te bedank.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.