Rasregister vir landbougrond kom

Deel op

Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming sê ‘n nuwe Grondkommissie sal binnekort aangestel word om ‘n register op te stel van al die grondeienaars in Suid-Afrika.

Die register sal die huidige eienaarskap van private landbougrond aanteken, insluitend die ras, geslag en nasionaliteit van die eienaar, die gebruik en grootte van die landbougrond en enige regskwessies geregistreer daarteen en lisensies toegeken aan die landbougrond.

Die minister, Gugile Nkwinti, voer aan die stap is nodig omdat baie van die grond in Suid-Afrika aan buitelanders behoort en die regering dié gaping moet monitor vir die doeleindes van grondonteiening.

Nkwinti het buitelandse grondeienaars egter gerusgestel dat hulle grond nie net weggeneem sal word nie, omdat die Grondwet dit nie toelaat nie en die regering die Grondwet “respekteer”.

Nkwinti het egter by ‘n parlementêre mediakonferensie Dinsdag, 28 Maart opgemerk dat die ANC die register kan “gebruik as ‘n maatstaf om te bepaal in watter mate grond herverdeel moet word in die land”.

Rakende president Jacob Zuma se onlangse kommentaar oor onteiening sonder vergoeding, het Nkwinti gesê dat die kommentaar “aspirerende idees” weerspieël, vir die doeleindes van debat en dit sal nie die basis van die nuwe wetsontwerp vorm nie.

Maar die hoofdoel van die wetsontwerp sal nogtans wees vir ‘n nuwe grondkommissie om huidige transformasie doelwitte aan te spreek en om die sosio-ekonomiese “ongeregtighede van die verlede” reg te stel.

‘n Professor in sosiologie van Rhodes Universiteit, Monty Roodt, het opgemerk dat navorsing oor die impak van grondhervorming grootliks tot die gevolgtrekking gekom het dat dit min gehelp het om aan begunstigdes ‘n bestaan te verseker. Die redes hiervoor sluit in onvoldoende ondersteuning, ‘n gebrek aan vaardighede, swak beplanning en binnegevegte binne gemeenskappe.

Maar vervelige besprekings oor redes vir die mislukkings, sal nie die ANC in die volgende verkiesing help nie. Met net ‘n maand om kommentaar op die wetsontwerp in te dien, sal die politieke retoriek fokus op maklike kieserswinste vir toekomstige swart begunstigdes.

Daardie retoriek, soos die histerie teen Zille se opmerkings oor kolonialisme, is suiwer anti-wit, soos die liberale gespuis en kruipers nou ontdek.

Die retoriek het in Zimbabwe uitstekend gewerk. Om daardie rede sal dit hier in Suid-Afrika ook ingespan word.

Chinese boere het intussen blanke tabakplase in Zimbabwe oorgeneem, en miljoene belê.

Na die massabeslaglegging sonder vergoeding op wit boere se grond het Robert Mugabe die grond aan Oosterlinge oorhandig

Ten minste vyf plase is aan Chinese beleggers in Mashonaland Sentraal, ‘n streek om die noordweste van Harare, gegee, wat tradisioneel een van die beste tabak produserende gebiede van die wêreld is.

Die 60 000 swart kleinboere wat tabak verbou, het die landgrond reeds erg verniel en lewer ‘n lae graad produk.

Veilig in die wete dat bande met China aan die Mugabe-gespuis ‘n mate van beskerming sal bied, het hulle geld in masjinerie gestort en advies van internasionale kundiges bekom.

China is tans die grootste belegger in Zimbabwe.

Nuwe infrastruktuur, insluitend uitrusting vervaardig deur die Amerikaanse maatskappy, Valley irrigation, is teen ‘n koste van ten minste R100 miljoen ingesit.

Die nuwe Chinese boere betaal ‘n astronomiese “huur” aan Mugabe en die wit boere wie se grond dit is, kry nog steeds nie ‘n sent nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.