Zille is die nuwe Penny Sparrow

Deel op

Die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer sal na verwagting ‘n debat hou oor die premier, Helen Zille se twiets wat kolonialisme regverdig.

Zille het intussen om verskoning gevra omdat sy getwiet het dat die nalatenskap van kolonialisme nie slegs negatief is nie, maar die ANC in die provinsie sowel as swartes in die haar eie party, wil hê Zille moet as premier afgedank word.

Die ANC-lid in die wetgewer, Khaya Magaxa het die debat aangevra. Die DA se regskommissie ondersoek intussen of Zille se twiets die party se grondwet geskend het.

Prince Mashele sê Zille wortels gaan terug na die kolonialiste wat hulself in Suid-Afrika gevestig het onder die voorwendsel dat hulle hier was om barbaarse inboorlinge beskaaf te maak.

Moderne infrastruktuur is nie ‘n bewys van die welwillendheid van kolonialisme nie, sê hy. Dit is bedoel om die geheue van swart mense uit te wis, en te laat vergeet van die groot-skaalse grondonteiening.

Vandag leef swart mense soos sardientjies in krotte en townships weens kolonialisme en Zille se apartheid, volgens hom.

“Gaan na ‘n myn in Suid-Afrika vandag en jy gaan sukkel om ‘n wit persoon ondergronds te vind,” sê Mashele.

Die feit dat Zille bomplanters, ANC-terroriste, in haar huis laat skuil het in die verlede voor die organisasie ontban is, is blykbaar vergete. Mashele het Zille reeds met die ander opspraakwekkende groot rassis, Penny Sparrow vergelyk.

Die media is ook taamlik stil oor die swart “kunstenaar” wat Zille sonder ‘n broek geskilder het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.