Ou bomplanter byt stof en media smeer sy terreurverlede toe

Deel op

Ahmed Kathrada, wat saam met Nelson Mandela en Dennis Goldberg, deel was van die Rivonia terroristebende, is oorlede.

Die ANC-regime en sy surrogate sal ongetwyfeld weer die geleentheid gebruik om te teem oor hul “oorwinning” wat in wese ‘n ongedwonge oorgawe deur FW de Klerk was aan ‘n bende geweldenaars en terroriste om ‘n kleptokrasie in Suid-Afrika te vestig.

RSG het die naarheidsmeter in die rooi gestoot deur na die oud-terroris as die “geliefde Oom Kathy” te verwys.

Hy is vroeg vanoggend in ‘n Johannesburgse hospitaal in die ouderdom van 87 oorlede. Kathrada is vroeër vandeesmaand in die hospitaal opgeneem vir ‘n operasie weens ‘n bloedklont op sy brein.

Die Ahmed Kathrada-stigting het gistermiddag aangekondig dat die “struggle-veteraan” – nog ‘n verslete cliché – se toestand die afgelope 24-uur versleg het en dat hy dubbele longontsteking het.

Huldeblyke van ANC-kruipers het reeds begin instroom ná die dood van Kathrada, hul anti-wit “struggle-held”.

Kathrada het sy politieke loopbaan in 1946 begin met sy deelname aan die gewapende stryd. RSG het sy deelname aan terreur vanoggend probeer voorhou as “deelname aan die lydelike verset-veldtog”. Dit is natuurlik gewone twak wat duidelik fopnuus is, want Kathrada was ten nouste verbind met geweld.

In 1963 was hy een van die aangeklaagdes in die Rivonia-verhoor en het uiteindelik meer as 26 jaar in die gevangenis deurgebring, insluitend 18 jaar op Robbeneiland, en nie om dowe neute nie.

Ná 1994 het Kathrada as oudpresident Nelson Mandela se parlementêre raadgewer gedien. Hy het die Kathrada-stigting in 2008 tot stand gebring.

“Een van die ouens wat verantwoordelik was om my betrokke te kry by die politieke stryd en die gewapende stryd, en wat my laat aansluit het by Umkhonto we Sizwe (MK), was Kathrada,” het Abdushay Jassat (82) vroeër gesê. Jassat is verbonde aan die Kathrada-stigting.

Kathrada was nooit ‘n lid MK nie, maar hy was deel van die bende by die MK-hoofkwartier in Rivonia.

Jassat het reeds uitgebrei verslag gedoen oor die geweld wat Kathrada gepleeg het saam met hom deur regeringsinstallasies soos poskantore, kragdrade en verskeie ander op te blaas.

Dié week, by ‘n openbare optrede by die stigting, waar die direkteur Neeshan Balton algar nog verseker het dat die ou bomplanter sal herstel, het die nimlike professor Achille Mbembe die aanwesiges getrakteer op hoe geweld regverdig is as dit deur mense soos Mandela en Kathrada gepleeg word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.