Optogte in verskeie Russiese stede laat kiesers koud

'n Betoger, perdfris, sit in 'n vangwa; handwapen van 'n provocateur op kamera vasgevang

Verspreide wettige asook onwettige optogte in Moskou, St Petersburg en verskeie ander Russiese stede is deur die Russiese neoliberale kampvegter Alexey Navalny georganiseer.

Navalny hoop om op dié manier sy bod vir die Russiese presidentskap ‘n hupstoot te gee, maar sy kanse bly skraal.

Onluspolisie het opstokers en provocateurs – waarvan een met ‘n handwapen gevang is – in hegtenis geneem. Tydens die Soros-opstande in die Oekraïene by Maidan-plein, het provocateurs met handwapens begin skiet in die skare wat gelei het tot die huidige burgeroorlog waar partye mekaar van geweld beskuldig, terwyl dit met opset só beplan is deur konfliksaaiers.

Navalny, wat homself voordoen as ‘n “anti-korrupsie” aktivis, is onlangs weer skuldig bevind aan verduistering in twee afsonderlike gevalle, wat sy eie geloofwaardigheid aantas.

Die protes sal onwaarskynlik die oorweldigende Russiese ondersteuning vir president Vladimir Poetin knou. Hy het oor die 80 persent goedkeuring van kiesers.

Parnas – die party waarmee Navalny is ten nouste verbind word – het net 0,70 persent van die stemme in die laaste parlementêre verkiesings gekry.

Die gekombineerde stemme van al die anti-regering liberale partye in dieselfde verkiesing het ‘n miserabele 2,56 persent gekry.

Die internasionale liberale media is egter besig om lesers te vertel dat Moskou en Rusland getref is deur ‘n “golf van protes”. ‘n Paar duisend ontevrede stemme oor die hele land heen, is nie so ‘n “golf” nie. Dit is skaars ‘n druppel in die Soros-emmer.

Betogers kla soos gewoonlik ook dat hul “menseregte” aangetas is deur hardhandige optrede van wetstoepassers, maar die klaers het meesal perdfris gelyk in die vangwaens. Die polisie het betogers aangehou wat deelgeneem het aan ‘n onwettige optog.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • expatNederland

    Hier in Nederland het die NRC *groots* uitgepak anti-Poetin en die kans gepak om Rusland van alle kante swart te smeer.

  • Marthinus Willemse

    Die “betoger” op die foto is, of lyk baie soos, Aleksei Nawalni. Die BBC en ander media noem hom “opposition leader”, wat die tipe “fake news” is waarteen Donald Trump baklei – en Rusland al vir jare. Net so het hulle Boris Nemtsof en enige kritikus van Poetin bevorder tot “opposition leader”. Miskien is hulle bang om te noem dat Gennadi Zjoeganof van die Kommuniste Party die amptelike opposisieleier is. In Londen in 2016, dink ek – sal die datum soek, was daar `n protesoptog van 10 000 mense teen David Cameron se bewind. Die BBC was tjoepstil, net ITV het iets genoem.