Immigrasie-beampte vas vir bedrog, dwelms

Deel op

‘n Tweede klag van die onwettige besit van dagga is by die een van oortreding van die Immigrasiewet gevoeg in ‘n aanklag teen ‘n beampte van die Vioolsdrift-grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië.

Die verdagte is vroeër vandeesweek in hegtenis geneem weens beweerde bedrog. Die 46-jarige Benedictus Fredericks het Vrydag vlugtig in die hof verskyn.

Hy is vasgetrek ná ‘n ondersoek deur die Valke wat die Departement van Binnelandse Sake gelas het.

Woordvoerder van die Valke, Philani Nkwalase, sê Fredericks is op R2000 borgtog vrygelaat en sal weer op 12 April in die landdroshof op Springbok verskyn.

Intussen is twee ander beamptes wat ook vir ondervraging ingeneem is, vrygelaat.

Bron: OFM Nuus

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.