Honderde bomdreigemente teen Jode is deur Israeli uitgevoer

Deel op

‘n Israeli-Amerikaanse man is in Israel in hegtenis geneem deur die FBI na ‘n vloedgolf van vals anti-Semitiese bomdreigemente.

Meer as 150 bedreigings is teen Joodse instellings in Amerika sedert die begin van die jaar uitgevoer, het die Jewish Telegraphic Agency berig.

Israel se anti-bedrog eenheid het die 19-jarige verdagte by sy huis Donderdag in hegtenis geneem. Na ‘n deursoeking van die perseel, is hy na die hof gebring en sal in aanhouding bly tot en met 30 Maart.

Dié ontdekking regverdig bewerings deur president Trump dat beweerde “haatmisdade” eintlik uitgevoer is deur ‘n jong Joodse Amerikaanse Israeli self, nadat Joodse organisasies blankes en Trump-ondersteuners van dié misdrywe beskuldig het.

Die ADL het herhaaldelik verklaar dat Trump “wit ekstremiste”, “anti-Semiete” en nasionalistiese groepe in die VSA versterk om sulke “haatmisdade” teen Jode te pleeg.

Breitbart het egter opgemerk: “Toe die president voorgestel het dat sommige van die anti-Semitiese haatmisdade vals kan wees, het die (linkse) Huffington Post beweer dat hy deel vorm van wit nasionaliste en verregse samesweringsteoretici. Maar die arrestasies tot dusver dui daarop dat die meeste van die dreigemente inderdaad vals was.”

Marc Zell, vise-president van die Republikeine oorsee, het getwiet: “Die Amerikaanse Joodse leierskap is @POTUS ‘n verskoning verskuldig.”

Die Joodse verdagte wat dubbele Israelies-Amerikaanse burgerskap het, is daarvan beskuldig dat hy honderde anti-Semitiese bomdreigemente in die Verenigde State van Amerika en elders uitgevoer het, insluitend een teen ‘n groot lugredery. Ongelukkig, volgens berigte, was sy pa bewus van wat hy doen.

Haaretz het berig dat die net stywer getrek is om die verdagte ná ‘n dreigement wat ontvang is van Nieu-Seeland in 2016, want die IP adres van die boodskap was van Israel gewees.

“In ‘n kort tyd, gaan ‘n groot aantal Jode geslag word. Hul koppe gaan afgeblaas word,” het een van die bedreigings gelees, volgens ‘n opname wat deur die JTA gedoen is.

Oor die afgelope twee tot drie jaar het hy ‘n reeks dreigemente uitgevoer vanaf sy huis in die suide van Israel. In Februarie 2015, het hy ‘n bomdreigement teen Delta Airlines uitgevoer, en ‘n vliegtuig gedwing om ‘n noodlanding uit te voer.

Trump se kommentaar verlede maand dat die dreigemente deel vorm van ‘n “valsvlag” aanval, om sekere mense te laat “sleg lyk” is met histerie begroet.

Bend the Arc, ‘n liberale Joodse groep, het gekla dat “Trump gehelp het om die atmosfeer van fanatisme en geweld te skep wat daartoe gelei dat hierdie gevaarlike bedreigings teen Joodse instellings en individue gerig word”.

In Februarie het die Anne Frank Sentrum vir Wedersydse Respek ‘n verklaring uitgereik teen Trump en gesê: “Die mees bose anti-Semiete in Amerika ondersteun jou en jou Administrasie as ‘n nasionalistiese beweging wat aan ​​hulle toestemming verleen om Jode aan te val.”

Oren Segal, direkteur van die ADL se Sentrum teen Ekstremisme, het tydens ‘n 10 Maart nuuskonferensie oor die bomdreigemente gesê: “Ons leef in ‘n ongekende tye. Ons het nog nooit so iets gesien nie, ooit, die volume van bomdreigemente wat ons ervaar. Wit suprematiste in hierdie land voel meer aangemoedig as ooit as gevolg van die openbare diskoers en verdelende retoriek [van Trump].”

Amerikaanse Joodse organisasies probeer tans om die politieke gevolge van die arrestasie weg te praat, en sê die betrokkenheid van ‘n Jood sal nie hul vrese oor anti-Semitisme beëindig nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.