Marine Le Pen besoek Poetin

President Vladimir Poetin het met die leier van die Front National, Marine Le Pen, in die Kremlin Vrydag vergader, het Reuters berig, en aan “haar ‘n potensiële hupstoot vir haar veldtog oorhandig om die presidensiële verkiesing volgende maand in Frankryk te wen”.

Le Pen se die besoek aan Rusland is op uitnodiging van Leonid Sloetski, hoof van die laerhuis van die Russiese parlement se buitelandse sake komitee. Dit was haar vierde besoek aan Moskou sedert 2011.

Die Russiese president het sy Franse gas as verteenwoordigend van ‘n “nogal vinnig groeiende element in Europese politieke partye” beskryf. Hy het bygevoeg dat hy nie die politieke gebeure in Frankryk wil beïnvloed op enige manier nie, maar dat Rusland die reg voorbehou om met alle verteenwoordigers te praat oor die politieke spektrum.

“Natuurlik het ek geweet dat die verkiesingsveldtog in Frankryk aktief ontwikkel,” het Poetin gesê. Die vergadering is ‘n bonus vir Le Pen as dit kan help om haar buitelandse profiel te verhoog.

Poetin is al beskryf as “die magtigste man in die wêreld”, selfs deur sy teenstanders in ‘n onlangse CNN dokumentêr. “Hy verteenwoordig ‘n soewereine nasie … ‘n nuwe visie … ‘n nuwe wêreld,” het Le Pen in Moskou na haar ontmoeting met die Russiese leier opgemerk.

Ludovic de Danne, internasionale adviseur van Le Pen wat deelgeneem het aan die vergadering by die Kremlin, het gesê: “Hy [Poetin] wou haar baie geluk toewens vir die presidensiële verkiesing.”

Danne het vroeër opgemerk: “Macron-Merkel dis die kwynende establishment, Le Pen en Poetin verteenwoordig die vryheid van volke, en samewerking in ‘n multi-polêre wêreld.”

“Met Donald Trump in die Weste, en Vladimir Poetin in die Ooste, is Marine Le Pen duidelik die minste geïsoleer van al die presidensiële kandidate,” het die FN se sekretaris-generaal, Nicolas Bay opgemerk voor die besoek aangekondig is.

Heinz-Christian Strache, die leier van Vryheidsparty (FPO) in Oostenryk se reis na Moskou voor die Oostenrykse verkiesing om ‘n samewerkingsooreenkoms te teken, is nog ‘n voorbeeld van Europese vriendskaplikheid met Rusland.

Die Kremlin het intussen bewerings dat Russiese media “vals nuus” versprei in ‘n poging om in te meng in die Franse presidensiële wedloop verwerp en gesê kandidaat Emmanuel Macron vergis homself. Rusland is ook daarvan beskuldig dat hy die Amerikaanse verkiesing beïnvloed het, maar sonder bewys.

Vrydag, het Poetin se woordvoerder Dmitri Peskov aan verslaggewers gesê Le Pen het nie enige finansiële hulp aan haar politieke party bespreek nie. Die FN het ‘n lening van €9 miljoen van ‘n Moskouse bank in 2014 bekom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.