AgriSA wil moontlik Grondwethof nader oor grondplafonne

Ernest Pringle

AgriSA het alternatiewe benaderings voorgestel om “vinniger en meer volhoubare” herverspreiding van grond te bewerkstellig as wat deur die instel van grondplafonne bereik kan word.

Die voorsitter van AgriSA se landbou-ontwikkelingskomitee, Ernest Pringle sê in ‘n verklaring die konsep van grondplafonne is sedert 2011 die onderwerp van hewige debatte en talle studies is gedoen oor die lewensvatbaarheid van sodanige maatreëls.

Hy sê raadgewers het die minister van Grondsake, Lungile Nkwinti, afgeraai om grondplafonne in te stel. Pringle sê die minister het desondanks besluit om die konsep-wetsontwerp op 17 Maart te publiseer, met slegs 30 dae vir openbare kommentaar.

Hy sê die konsepwetgewing is ondeurdag. Pringle sê van die gevolge sluit in ‘n nadelinge uitwerking op produktiwiteit en beleggings, asook verblyfonsekerheid.

AgriSA is van mening dat die wetsontwerp ongrondwetlik is en win tans regsadvies in.

Nkwinti wat self geïmpliseer is in ‘n korrupte grondtransaksie, het gekies om die aandag af te lei van homself deur ‘n hoogs onverantwoordelike verklaring in die Parlement.

Die neem van grond sonder vergoeding was nog nooit op die tafel van die kant van die regering nie, want dit is in stryd met die beskerming wat verleen word aan eiendom deur die Grondwet, sê Pringle.

Die ANC is opsetlik besig om die verkeerde inligting rondom die 50/50 loodsprogramme te versprei, waar die oordrag van grond in werklikheid nie aan swart begunstigdes gegee word nie, maar aan die staat.

President Zuma se verklaring in sy staatsrede dat 83 miljoen hektaar “bewerkbare” grond in wit hande is, reflekteer ANC-dogma, maar het min met die werklikhede van landbougrond in Suid-Afrika te make. Die stelling is bloot net verkeerd. Grond in wit hande is veel minder as dit en slegs ‘n klein deel van hierdie landbougebiede kan beskryf word as “bewerkbaar”.

Dit geld ook vir die 8 miljoen hektaar grond oorgedra aan “voorheen benadeelde individue en gemeenskappe”, maw swartes, sedert 1994. Hierdie berekening sluit alle grond wat privaat in hierdie tydperk befonds, oorgedra en geskenk is ter “bemagtiging” asook “gelykheidsprojekte” wat deur boere, maatskappye en nie-regeringsorganisasies betaal is uit hul eie sakke.

Die idee van ‘n pre-koloniale grondoudit is sonder enige meriete. Restitusie-eise word vertraag deur swart onvermoë en die regering se verbintenis tot onbetroubare en onakkurate data met betrekking tot historiese grondbesit, het Pringle in ‘n verklaring uitgewys.

Dit sou ‘n veel beter gebruik van belastingbetalergeld wees om die uitstaande navorsing oor die restitusie-eise van byna 20 jaar gelede ingedien, te prioritiseer of ten minste te probeer om die huidige grondoudit reg te kry, het Pringle gesê.

Hy sê belegger- en landbouvertroue in die ekonomiese groei van Suid-Afrika word daardeur ondermyn en sal ongetwyfeld ‘n negatiewe impak op voedselsekuriteit en die lewensbestaan ​​van mense in landelike gebiede hê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.