Terreuraanval in Antwerpen afgeweer

Deel op

Die polisie in Antwerpen in België het ‘n Moslem in hegtenis geneem wat probeer het om met sy voertuig in inkopiegangers in te jaag, minder as 24 uur ná die aanval in Londen.

Mense kon gelukkig betyds uit die straat padgee om nie doodgery te word nie. Dit is nog onduidelik of daar enige beserings was. Die man is vermoedelik van ‘n Afrika-land afkomstig.

Die polisie het beslag gelê op onder andere messe en ‘n vuurwapen in sy motor. Die aanval volg ‘n dag ná ‘n soorgelyke aanval in Londen waartydens drie mense dood en 40 beseer is.

Die voertuig van die Antwerpse aanvaller was na bewering vol vloeibare gas, messe en gewere.

Vreesbevange voetgangers moes uit die pad spring toe die motor in die De Meir winkelstraat in Antwerpen teen ‘n hoë spoed Donderdagoggend op hulle afgepeil gekom het.

Die vermeende bestuurder, wat was geklee in kamoefleerdrag, en is later in hegtenis geneem deur die polisie, het plaaslike media berig.

Die voorval word ondersoek as ‘n moontlike terroriste-aanval. ‘n Federale aanklaer het gesê die verdagte is ‘n Franse burger wat in Frankryk woon.

Plaaslike media het gesê hy is ‘n 39-jarige Moslem by name Mohamed R.

Die polisie in die Belgiese hawestad het gesê die voertuig wat in Frankryk geregistreer is, is opgemerk toe dit die besige Schelde-rivier genader het.

Ooggetuies het gesê hulle moes koes toe bestuurder die snelheid van die motor verhoog het.

Verlede Januarie het die land se grootste polisiemag in Antwerpen begin met ‘n loodsprogram om Moslembeamptes plaaslik te werf, veral met immigrasie-agtergronde.

Die moeilike federale toelatingseksamen is egter die probleem dat die aansoekers van kleur nie toegelaat word nie.

Byna die helfte van Antwerpen se inwoners het ‘n immigrante agtergrond, maar net 7 persent van die 2600-sterk polisie is nie wit nie.

Indien die loodsprogram suksesvol is, het owerhede gesê hulle gaan die program landwyd implementeer om die polisiemag te verswart omdat hulle hoop om so terreur die hoof te kan bied.

Die Britse polisie het intussen meer inligting bekend gemaak oor die drie slagoffers van die Londense terreuraanval. Hulle sê die polisieman wat doodgesteek is, was die 48-jarige Keith Palmer, wat ‘n lid was van die Parlement se beskermingsdiens.

Hy was ongewapen en is aangeval by die Parlement se ingangshekke. Hy was 15 jaar in die polisie. Die tweede slagoffer was ‘n 43-jarige vrou. Sy was ‘n Britse burger, van Spaanse afkoms, en het in Londen klas in Spaans gegee.

Die derde slagoffer was ‘n man in sy middel-vyftigerjare, vermoedelik ‘n Amerikaner.

Die aanvaller is deur die polisie doodgeskiet. Hy was blykbaar ook onder ander name bekend.

Die polisie het Donderdagaand die aanvaller se identiteit bekendgemaak as Khalid Masood, maar dit het aan die lig gekom dat hy in 1964 as Adrian Elms in Kent gebore is.

Agt mense is steeds in aanhouding in verband met die aanval. Drie burgerlikes en ‘n polisielid is dood, en die aanvaller is deur die polisie doodgeskiet.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.