Plaaseienaar skiet swart verdagte

Deel op

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met ‘n vermeende plaasaanval naby Potchefstroom nie.

Noordwes polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, sê omstreeks 08:00 vanoggend het ‘n swart huishulp en haar seun opgemerk hoe drie swart mans die erf van Rooikraalplaas betree en die opstal bekruip.

Hulle het die huis binnegedring. Sy sê die verdagtes het toegang tot die huis verkry deur haar weg te druk en die deur oop te dwing.

Makau sê die vrou het geskree en die 72-jarige plaaseienaar het opgedaag, waarna ‘n bakleiery uitgebreek het. Die swart verdagte is in die proses doodgeskiet.

“Die eienaar en die verdagte het na bewering gestry en die verdagte is noodlottig gewond. Die wapen van die verdagte is in beslag geneem op die toneel.

Die ander verdagtes het weggehardloop. Ondersoek na die saak gaan voort en ‘n saak van moord word ook ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” sê Makau.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.