Ministers van 68 lande wat saam die koalisie teen die Islamitiese Staat voer, het in Washington vergader om president Donald Trump se planne vir die vernietiging van die oorblywende vestings van die terreurgroep te hoor.
Die vergadering is deur die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, byeengeroep.
Tillerson het gesê die Verenigde State sal “tussentydse sones van stabiliteit” oprig om te help dat vlugtelinge terugkeer huis toe in die volgende fase van die stryd teen die Islamitiese staat en Al-Kaïda in Sirië en Irak.
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake het nie duidelik maak waar hierdie sones opgerig gaan word.
“Die Verenigde State sal ons druk op ISIS en Al-Kaïda verhoog en sal werk om tussentydse sones van stabiliteit te vestig, deur skietstakings, om toe te laat dat vlugtelinge terug keer,” het Tillerson by sy eerste groot diplomatieke gebeurtenis verklaar.
Hoewel dit is onduidelik is hoe die sones sal werk, kan dié stap Amerikaanse militêre betrokkenheid in Sirië verhoog.
Trump het tydens sy verkiesingsveldtog laat blyk dat hy ‘n “geheime plan” het om van ISIS ontslae te raak.
Tot dusver het die Pentagon egter grootliks by voormalige president Obama se strategie gehou deur grondmagte te ondersteun en Amerikaanse deelname te verskerp in die aanloop tot die aanslag op Raqqa.