Londense terreuraanval lyk na rasaanval

Die verdagte

‘n Ondersoek is in Londen aan die gang nadat vier mense, asook ‘n polisiebeampte, Keith Palmer, in ‘n terreuraanval voor die Britse parlementsgebou dood is.

Na die aanval, het ISIS-simpatiseerders die terroris geloof en gesê dit was ‘n “geseënde” gebeurtenis omdat “bloed vir bloed” gegee is na die VK se deelname aan die Amerikaanse koalisie-aanvalle in die Midde-Ooste.

Die aanvaller was nie wit nie en vermoedelik van Asiese afkoms.

Die polisie het die aanvaller, wat ‘n polisiebeampte met ‘n mes gesteek het, doodgeskiet. Vyf mense, insluitend ‘n polisielid en die aanvaller, is dood en minstens 40 is gewond toe die terroris met ‘n voertuig in voetgangers op die Westminster-brug ingeploeg het teen 70km/h.

Drie Franse leerlinge wat op ‘n skooluitstappie was, is ook onder die beseerdes. Mense het van die brug in die rivier gespring om te ontkom aan die dood. Twaalf beseerdes verkeer steeds in ‘n ernstige toestand.

Westminster was ure lank afgesper. ‘n Ooggetuie in die parlementsgebou sê hy het gesien hoe ‘n donkergrys viertrekvoertuig doelbewus in twee mense op die brug vasry. Die Britse primier, Theresa May, het die aanval buite die parlementsgebou in Londen ten sterkste veroordeel.

Haar kantoor sê sy het haar meegevoel uitgespreek met die familie van die mense wat tydens die voorval dood en beseer is.

Sover bekend is daar nie Suid-Afrikaners dood of gewond in die aanval in Londen nie.

Die aanvaller het na sy doodstog teen die heining van die parlementsgebou gebots, uit die motor gespring en ‘n polisielid met ‘n mes gesteek voor hy doodgeskiet is.

Die polisie stel ondersoek in of die aanvaller ondersteuning gehad het en hanteer die aanval as ‘n terreurdaad.

Volgens ooggetuies, het Britse gewapende magte ‘n huis in Hagley Road, in die stad Birmingham net voor middernag bestorm, Woensdag.

‘n BBC Newsnight verslag beweer daar is ‘n bewys dat die Hyundai-voertuig gebruik in die aanval, gehuur was van Enterprise in die Midlands op 16 Maart.

Volgens ‘n ooggetuie wat in die omgewing werk, was die aanvaller aan hulle bekend: “Die man van Londen het hier gewoon. Hulle het binnegegaan en drie mans in hegtenis geneem.” Die mans is nie wit nie en vermoedelik van Pakistan.

In Pakistan het woede geheers omdat ‘n krieketspeler, Mohammed Amir, by die lughawe ondervra is toe hy Woensdag die land wou binnekom. Sy ondersteuners meen dat dit geen sin maak dat hy ‘n verdagte kan wees omdat die terroris vermoedelik ook van Pakistan afkomstig was nie.

Intussen het die regerings van Frankryk, Suid-Korea, Portugal en Roemenië bekendgemaak dat van hulle burgers in die voorval beseer is.

Volgens regeringsbronne sal daar geen onderbreking van parlementêre bedrywighede wees nie, maar gerugte doen die rondte dat werksaamhede opgeskort is. Die Britse Laerhuis se werksaamhede is vir vyf ure gestaak toe lede in die gebou toegesluit is vir hul eie veiligheid.

Leiers van lande wat deur onlangse terreuraanvalle geraak is het intussen solidariteit met Brittanje uitgespreek na gister se aanval naby die Parlement in Londen. Die Franse president, Francois Hollande sê terreur raak almal en dat Frankryk verstaan waardeur die mense van Brittanje gaan.

Die Duitse kansellier, Angela Merkel sê Duitsland staan by Brittanje in die stryd teen terreur. Die aanval in Londen volg presies ‘n jaar na ‘n aanval in Brussel in België waarin 32 mense dood is.

In New York in Amerika is veiligheidsmaatreëls intussen verskerp by all Britse konsulate en ander Britse diplomatieke sendings. Die Withuis het ook sy volle steun aan die Britse regering gebied.

Die Withuis se woordvoerder, Sean Spicer het die aanval veroordeel en die Britse polisie se vinnige reaksie geloof.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.