Trump-vertrouelinge byt vas oor Britse spioenasie-aantygings

Stone en Hannigan

Trump-ondersteuners gaan nie die beskuldigings teen die VK los dat hulle vir voormalige president Barack Obama gespioeneer het nie.

Beskuldigings is na vore gebring deur Regter Andrew Napolitano asook deur die Withuis se woordvoerder, Sean Spicer. En nou het ‘n ander Trump-man uitgekom en gesê die GCHQ het Trump Tower namens Barack Obama afgeluister.

Breitbart het berig dat Obama Trump met behulp van Britse intelligensie tydens die Amerikaanse verkiesingsveldtog afgeluister het.

Beide Regter Napolitano en Roger Stone, ‘n Trump-vertroueling, het gesê dat die Britse regering betrokke is. Stone het aan die DailyMail.com gesê “ten spyte van die vinnige ontkennings,” glo hy “Regter Napolitano is korrek”.

“My eie bronne hoog in die Tory-regering, wat nogal mag het, het my verseker dat daar spioenasie deur die Britte was,” sê Stone.

Intussen blyk dit dat die Britse kabinet die bedanking van die huidige direkteur van die GCHQ, Robert Hannigan skielik aanvaar het, vir “persoonlike redes”. Die Sunday Times het berig dat hy vervang gaan word deur die huidige direkteur van die MI5, Jeremy Fleming.

Die verhoudings tussen Londen en Washington het ietwat versuur, met die Trump-administrasie wat raakgesien het hoe hul Britse bondgenote met die anti-Trump skaduregering heul.

Hannigan se skielike bedanking – hy het personeel net enkele ure voor die besluit openbaar gemaak is ingelig – lyk inderdaad of dit verband hou met Britse kommer in die nasleep van Donald Trump se verkiesing tot president.

Die GCHQ is gedwing om in die openbaar te reageer na President Trump se beskuldig dat die agentskap sy fone afluister. In ‘n seldsame en ongekende skuif, het GCHQ die eise as “nonsens” en “belaglik” afgemaak, iets wat hul nooit gewoonweg sou doen nie.

In Oktober 2016, is GCHQ – sowel as MI6 en MI5 – veroordeel omdat hulle kommunikasiedata en grootmaat persoonlike datastelle versamel het op ‘n onwettige manier. Hulle het “versuim” om met die Europese Konvensie oor Menseregte rekening te hou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.