Gratis onderwys: Tsotsies wil tot die dood baklei

Deel op

Die Nasionale Byeenkoms vir Hoër Onderwys in Midrand is verlede week gekanselleer nadat chaos losgebars het toe EFF-studente geweier het dat die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande en ander belangrike swart gaste ‘n geleentheid gegun word om te praat.

Die EFF-spul praat nou dat hulle die wapen gaan opneem en dat hulle sal sterf om die doel te bereik. Die “studente-bevel” sê hulle stel nie belang in praat nie, want die ANC-kleptokrasie moes al gehoor gegee het aan hul eise.

Die byeenkoms by Eskom se opleidingsentrum moes ‘n aardige bedraggie gekos het om te organiseer. Honderde swart studente wat onderrig, verblyf, ensomeer alles gratis eis, het die vergadering in die tent heel voorspelbaar ontwrig deur stoele en waterbottels as projektiele te gebruik en gewelddadig met mekaar geraak.

Die voornemende kleptokrate het die bestaande kleptokrate met sukses uitgedaag: Nzimande moes die byeenkoms verlaat nadat sy sekuriteitspan hom begelei het uit die tent.

Die program is daarna opgeskort waar die sameroepers studenteleiers oor die beste pad vorentoe wou raadpleeg. Daar het dadels van gekom aangesien die studente reeds weet dat hulle geweld kan gebruik om hul eise af te dwing.

AfriForum het min sukses gehad om die “gesprek” te laat vlot. “Die wit mense moet weg,” het swart studente geskree en die wit verteenwoordiger uitgejou.

“Ons het die vergadering vir ons eie belange ontwrig, want baie mense hier is nie hier vir ons belange nie,” het die EFF verklaar.

Die Jong Kommunistiese Liga het gesê die toekoms van Suid-Afrika se jong mense is afhanklik van die uitkoms van die byeenkoms.

“Ons is hier om die oproep vir gratis onderwys vir die armes te steun. Omdat ons glo onderwys is nie neutraal nie,” het ‘n verteenwoordiger vanaf die podium verklaar en uitgewei dat die rykes vir die armes moet betaal.

Voormalige adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke het gepleit met die oproeriges om tot hul sinne te kom, maar tevergeefs.

“Ons het ‘n ongelooflike lang tyd bestee om nougeset te onderhandel met alle belanghebbendes, om ‘n program saam te stel wat ten volle verteenwoordigend van alle belanghebbendes is, met die oog daarop om gemeenskaplike oplossings vir die huidige onderwyskrisis te vind,” het hy gesê.

Dié mooi voornemens is doodgeskree.

“Ons het ‘n lang moeilike stryd wat voorlê van ons … Ons moet sukkel binne die parameters van dissipline en ‘n visie. Of ons daarvan hou of nie, ons het ‘n regering en ons moet hulle betrek.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.