PRAAG-uitgewery het so pas ‘n nuwe roman deur die beroemde Franse skrywer Jean-Philippe Toussaint, in ‘n Afrikaanse vertaling deur Dan Roodt, gepubliseer. In Europa was dit ‘n kultusboek wat ywerig vertaal is. Die ironiese, humoristiese verhaal wentel om ‘n jong man wat op ‘n dag besluit om in die badkamer te begin leef, waar hy bly totdat hy ewe skielik besluit om Venisië toe te gaan.
Lees meer daaroor, asook kommentaar deur Europese resensente, deur hier te klik.