Swart heksejag teen Zille kom omdat sy kolonialisme verdedig

Deel op

Wes-Kaapse premier, Helen Zille, sal aan ‘n dissiplinêre proses onderwerp word oor haar twiets oor kolonialisme, het die DA-leier, Mmusi Maimane, gister gesê.

As gas op 702, na aanleiding van ‘n oproer oor die twiets, het hy homself gedistansieer daarvan en het gesê dit is onaanvaarbaar.

Zille het glo die sosiale mediabeleid van die party oortree, het hy gesê.

“Dit is bedoel om ‘n dissiplinêre proses te wees. Ek het as ‘n Suid-Afrikaner gekom en veroordeel dit. Die bewoording is onverdedigbaar.”

Hy het gesê ‘n lid wat sosiale mediabeleid van die party oortree kan beboet word, of hul lidmaatskap verloor.

Vroeër het Zille getwiet: “Op ‘n vliegtuig en sal nie op die Wi-Fi wees sodat ek diegene af kan sny wat dink elke aspek van koloniale nalatenskap was sleg nie.”

“Vir diegene wat beweer nalatenskap van kolonialisme was net negatief, dink aan ons onafhanklike regbank, vervoerinfrastruktuur, lopende water ens,” het sy geskryf.

Sy het later om verskoning gevra.

DA-LP Dianne Kohler Barnard se partylidmaatskap is beëindig aan die einde van Oktober 2015, nadat sy joernalis Paul Kirk se Facebook-pos gedeel het.

“Kom asseblief terug PW Botha – jy was veel meer eerlik as enige van hierdie [African National Congress] skurke, en jy het ‘n baie beter diens aan die publiek gelewer,” het dit gelees.

Na ‘n dissiplinêre verhoor, waar sy skuldig gepleit het, is haar skorsing opgehef ná ‘n appèl. Die party het besluit om haar in haar posisie tot aan die einde van die vyfde Parlement te hou, op voorwaarde dat sy nie enige oortreding gedurende daardie tydperk begaan nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.