Zuma skerm dat Sassa-minister moet bly

Deel op

President Jacob Zuma sê oproepe van opposisiepartye en die burgerlike samelewing dat die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, afgedank moet word, is voortydig.

Zuma het Donderdag in ’n mondelinge vraesessie in die parlement ’n stortvloed van kritiek en vrae oor die Sassa-krisis getrotseer en Dlamini verdedig.

Hy hou vol dat Dlamini nie misluk het met die uitbetaling van maatskaplike toelaes nie.

Die ANC Jeugliga in KwaZulu-Natal het gevra dat Dlamini uit haar pos verwyder word. Die Jeugliga sê die onsekerheid oor die betaling van maatskaplike toelaes kan voor die deur van die minister gelê word.

Die provinsiale sekretaris van die Jeugliga, Thanduxolo Sabelo, het gisteraand by die Durbanse Universiteit van Tegnologie gesê Dlamini het die ontvangers van toelaes sowel as die ANC in die steek gelaat.

Sabelo sê die feit dat daar ‘n maand voor die verstryking van ‘n kontrak wat reeds in 2013 deur die hof as ongeldig verklaar is, nie ‘n alternatief is nie, spreek van onbevoegdheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.