Voorleggings oor banke se samespanning in Julie

Die Mededingingstribunaal het bevestig dat ‘n verhoor in Julie gehou word waar banke wat beskuldig word van samespanning om die randwaarde te beïnvloed, voorleggings kan doen.

Die Mededingingskommissie het verlede maand aangekondig dat handelaars by meer as ‘n dosyn plaaslike en buitelandse banke betrek is by samespanning in die verhandeling van die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse geldeenhede.

Die banke het tot 3 Mei om beswaar aan te teken.

Barclays Africa en Citibank het inligting oor die saak aan die mededingsreguleerders verskaf en Citibank is met R70-miljoen beboet.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    Met die samespanning beduiwel hulle iedere en elke landsburger. Meeste van wat ons doen is $ gekoppel, van die armste tot die rykste. Hulle moet sommer almal met ‘n 5 jaar se omset beboet word en dit moet dan sommer aan al die mense mense in die land uitgedeel word om te keer dat hierdie weer gebeur.