‘Swartes steel alles’

Deel op

‘n Duitse wêreldreisiger het gesorg vir ‘n herrie toe sy as gas van die Duitse uitsender ZDF, besluit het om haar ervaringe van swart mense in Suid-Afrika in ‘n bietjie meer besonderhede te beskryf.

Heidi Hetzer (79) het al die hele wêreld oor die afgelope twee en ‘n half jaar volgereis: Van Berlyn via Oos-Europa, Nieu-Seeland, die VSA, Suid-Afrika, Frankryk, Keulen, dan terug na die hoofstad Berlyn.

Maandag was sy die ZDF oggendgas, om te gesels oor haar toer – byvoorbeeld deur Suid-Afrika.

Hetzer het eers haar goeie indrukke van die land gegee. “Die afdelingswinkels het alles. En alles is goedkoper. Die KaDeWe [‘n Duitse afdelingswinkel] is ‘n gemors daarteen gemeet. En die natuur, is iets moois. So kan mens lewe!”

Byna die paradys, maar in dieselfde asem het Hetzer ook opgemerk: “Maar soos elders, is daar nadele. Diefstal. Die swartes steel selfs ‘n ou baadjie wanneer jy die motor verlaat. Hulle steel alles. My ketting het hulle gesteel, die vensters gebreek, die GPS gesteel, die hele motor leeggesteel binne, my tasse, alles.”

Die ZDF aanbieder Jana Pareigis was sigbaar onthuts deur die eerlike vertelling. Pareigis is swart.

Pareigis het gou die tante onderbreek en die onderwerp verander met ‘n kort-af “Dis net ‘n arm land.”

Pareigis, wat ook werk as ‘n aanbieder vir die Duitse Uitsaaidiens DW, het die première van hul nuwe dokumentêre program “Afro.Deutschland” gevier verlede Donderdag.

Dit gaan heel voorspelbaar oor “rassisme en diskriminasie” en hoe om dit te “bestry”. Pareignis het haar persoonlike ervarings van hoe dit is om swart te wees in Duitsland gedeel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.