Rutte klop Wilders in Nederlandse verkiesing, maar koalisienagmerrie wag

Deel op

Premier Mark Rutte lyk asof hy die wenner van die Nederlandse verkiesing gaan wees, maar sonder koalisievennote. Wilders het aan RTL gesê dat selfs al het hy Rutte nie geklop nie, hoop hy dat sy party sterk opposisie teen Rutte se VVD sal wees.

Met net meer as ‘n tiende van die stemme getel, het VVD Party na die wenner gelyk, voor Wilders wat in die derde plek met 20 setels is, volgens data wat deur die ANP Nederlandse nuusagentskap vrygestel is. Wilders het sy tuisdorp Venlo asook die simboliese Maastricht ingepalm.

Die finale amptelike syfers sal eers op 21 Maart bekendgemaak word.

Ondanks die feit dat die wenner, Rutte se VVD gewen het, het hulle 10 setels afgestaan, ‘n groot verlies van 41 tot slegs 31. Sy juniorvennoot in die uitgaande koalisie, Arbeid, het sy ergste nederlaang ooit gevoel. Die grootste verloorders sal na verwagting daal van 38-9 setels.

Dit laat Rutte met ‘n kopseer omdat hy geskikte koalisievennote na regs sal moet vind want hy weier om saam met Wilders te werk.

Op 81 persent, was die opkoms die hoogste in 30 jaar. In Nijmegen, het stemlokale se stembriewe opgeraak en moes kiesers meer tyd gegun word om te stem.

Die PVV, Wilders ‘n party het ‘n aansienlike verbetering van die 15 setels in die verkiesing van 2012 behaal. Wilders het getwiet: “Ons het setels! Die eerste oorwinning! En Rutte het nog nie die laaste van my gesien nie!! ”

Rutte het op die nippertjie stemme gekry weens die rel met die Turkse minister wat hy laat deporteer het. Die diplomatieke uitval met ‘n Moslemland tydens ‘n verkiesingsveldtog waarin immigrasie en integrasie sleutelkwessies was, het hom ook na ‘n anti-Moslem-kandidaat soos Wilders laat lyk.

Denk, ‘n party vir hoofsaaklik Turkse Moslems, gaan ook ‘n setel of twee wen, om vir die eerste keer ooit ‘n etniese party in die parlement te wees.

Wilders het gesê hy teleurgesteld met die resultate, maar kyk na die positiewe van die verkiesing: “Ek sou eerder die grootste party wou wees. (Maar) ons het ook setels. Dit is ‘n resultaat om op trots te wees.”

Die uitkoms is ‘n groot verligting vir EU-regerings wat ‘n golf van nasionalisme in die gesig staar. Duitse kanselier Angela Merkel se hoof van personeel, Peter Altmaier, het getwiet: “Nederland, o Nederland jy is ‘n kampioen … .. Baie geluk met hierdie groot resultaat!.”

Frankryk se sosiaal-demokratiese minister van buitelandse sake Jean-Marc Ayrault het getwiet: “Baie geluk aan die Nederlanders wat die opkoms van die verregse gekeer het.”

Paolo Gentiloni, Italiaanse premier, het getwiet: “Nee vir Nexit. Die anti-EU het die Nederlandse verkiesing verloor.”

Guy Verhofstadt, die Europese parlement se hoof Brexit onderhandelaar, het getwiet: “NL bly liberale & pro-Europese vesting!”

Martin Schulz, die Duitse sosiaal-demokratiese leier, het getwiet: “Geert Wilders kon die verkiesing [in Nederland] nie wen nie. Ek is verlig.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.