Statebondspele: Minister mors miljoene

Minister Mbalula wys sy wiskundige aanleg
Deel op

Die Minister van Sport, Fikile Mbalula sê Durban het die bod om die Statebondspele in 2022 aan te bied verloor omdat die Statebondspele-federasie se begrotingsaanvraag “te hoog” was.

Die Statebondspele-federasie het vroeër aangekondig dat Durban nie die Spele sal aanbied nie nadat amptenare glo versuim het om van die spertye te haal.

Mbalula het tydens ‘n mediakonferensie in Durban sy departement se versuim weggepraat. Hy sê die Federasie het gevra dat Suid-Afrika agt miljard bestee om die Spele aan te bied.

Die regering is nou skielik van mening dat die geld aangewend kan word om arm gemeenskappe op te hef, nadat die ANC-kleptokrasie saam met die Ethekwini Metroraad al miljoene uitgemors het op die bod.

Mbalula het die regering se teleurstelling uitgespreek veral ná wat hy beskryf het as die “positiewe terugvoer” van die evaluasiekomitee.

Mbalula het oor die R118 miljoen bestee aan die bod vir Durban om die Statebondspele in 2022 aan te bied om eers heelwat later te ontdek dat dit “te hoog” is.

Daardie miljoene het waarskynlik nie vir armoedeverliging gegaan nie, maar in die sakke van die verkwisters beland.

Mbalula het alle gevaarligte oor die kostes geïgnoreer. Suid-Afrika kon glo net R4 miljard beskostig, wat nie naastenby genoeg was om die geleentheid aan te bied nie, sê die minister nou.

Wat eintlik gebeur het, is dat Durban verskeie spertye, veral rakende finansiële waarborge, misgeloop het. ‘n Nuwe bod is daarna voorgelê met ‘n ononderhandelbare begroting van vier miljard rand, maar die regering het steeds nie van die waarborge gelewer nie.

SASCOC het ook versuim om ‘n behoorlike finansiële impakstudie oor die koste en voordele vir die gasheerstad Durban uit te voer, wat beteken dat Suid-Afrika nie ‘n idee gehad het van wat die ware finansiële impak op die land sou gewees het nie.

Die hele tenderproses was gedoem van die begin af. Suid-Afrika was swak voorberei en ondergefinansier, maar die swart ego’s was te groot om dit met nederigheid te aanvaar.

Mbalula het waarskynlik gedink as ‘n nog ‘n modieuse bril op sy groot neus pas, is hy die man van die oomblik en basta.

Die federasie sê die jongste dokumente verskil te veel van die oorspronklike plan en ‘n alternatiewe gasheer word nou gesoek. Liverpool is die mees waarskynlike kandidaat.

Die Statebondspele het nog nooit in Afrika plaasgevind nie, en dit lyk nie asof dit gou gaan gebeur nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.