Leon Wessels betaal sy soustreinkaartjie met wit UV-studente se toekoms

Deel op

Die voorval by die Universiteit van die Vrystaat se Reitz-koshuis in 2008 wat internasionale nuus gemaak het weens ‘n samespanning om Afrikaners swart te smeer, is weer deur Leon Wessels opgehaal as sou dit een of ander brandende kwessie bly.

Vier Afrikaanse studente het ontgroeningsgrappies gemaak, maar dit word voorgehou asof die universiteit se skoonmakers “urine” gedrink het. Dié leuen word steeds by die universiteit en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingespan vir rasbytery teen wittes.

Volgens die direkteur van die Vrystaatse Sentrum vir Menseregte, Wessels, moet die universiteit ‘n memorandum van verstandhouding tussen die sentrum self, die Vrystaatse afdeling van die SAMRK asook die Instelling vir Versoening en Sosiale Geregtigheid, teken as ‘n soort skuldbewys van iets wat nie werklik gebeur het nie. Dit sal Wessels klaarblyklik beter laat voel oor sy naakte rasgedrewe manipulasie.

“Wat dit sal beteken is dat ons, natuurlik, dink aan die geskiedenis [van sulke voorvalle] herinner sal word maar ons sal regtig ‘n poging aanwend van vorentoe te beweeg. Die memorandum bepaal dat ons sal ontmoet op ‘n gereelde basis en projekte sal bepaal wat ons saam kan doen. Die projekte wat ons saam sal doen, sal wees om ‘n ogie te hou oor transformasie en ‘n kultuur van menseregte aan die Universiteit en in die breër universiteitsgemeenskap,” sê hy.

Dus wil Wessels “vorentoe” beweeg na “transformasie” wat beteken dat wittes al hoe meer uitgesluit word, verantwoordelik gehou word vir swart mislukking en blatante diskriminasie teen hulself moet aanvaar.

Hy het gepraat voor die amptelike bekendstelling van die Vrystaatse Sentrum vir Menseregte by Bloemfontein-kampus. Die sentrum konsentreer oorheersend op menseregte kwessies op kampus en nagraadse en navorsingsinisiatiewe op die kampus. Dit is gestig op ‘n eksperimentele basis in Januarie 2016, maar sal op ‘n groter skaal in 2017 voortgaan.

Die ANC se apparatsjiek het daarmee kennelik sy eie soustreinkaartjie met die wit studente aan die UV se toekoms betaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.