Kind gewond na polisie en gemeenskap slaags raak

Deel op

‘n Elf-jarige swart kind is gewond, terwyl 19 winkels wat aan buitelanders behoort, beskadig is nadat die polisielede en die gemeenskap naby Wesselsbron in die Vrystaat Saterdag slaags geraak het.

‘n Polisiewoordvoerder, Montantsi Makhele, sê die polisie was besig met ‘n roetine-operasie by ‘n plaaslike taverne omstreeks 19:00, toe lede van die gemeenskap begin toi-toi het. Hy sê lede van die gemeenskap was blykbaar nie tevrede is met die optrede deur die polisie nie, waarna ‘n ernstige konfrontasie gevolg het.

Polisievoertuie is met klippe bestook, terwyl 19 winkels beskadig is in die proses. Makhele sê die kind se beserings het gekom nadat die polisie rubberkoeëls gebruik het om die skare uiteen te jaag.

Nege mense is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld.

Intussen hou verkeersbeamptes ‘n wakende oog op die N2 naby Borchard Quarry naby die Kaapstad Internasionale Lughawe waar swart amokmakers ook vroeër oproerig geraak het.

Dit volg nadat protesoptrede vroeër in die gebied uitgebreek het. Die snelweg is weer vir verkeer oopgestel, maar die verkeerspolisie is nog op die toneel.

‘n Voetganger is glo op die N2 naby Spineweg dood. Die voorval, wat kort ná middernag plaasgevind het, word ondersoek.

Motoriste word ook aangeraai om die omgewing van Riverlea, wes van Johannesburg, te vermy.

Swart inwoners in die gebied het het oproerig geraak en verskeie paaie afgesper. Die rede vir die protesoptrede is nog onduidelik. Die verkeersvloei op Hoofrifweg word ernstig belemmer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.