Sassa-hoof onthul hoe minister hom gekeer het om nuwe kontrakteur aan te stel

Deel op

Sassa-hoof, Thokozani Magwaza, het uiteindelik sy verskyning gemaak en homself verwerdig om oor die krisis in sy organisasie, ‘n woordjie te doen.

Die krisis word gekenmerk deur ANC-figure wat hul inkompetensie tentoonstel en wegkruip vir moeilike vrae.

Die Sassa-debakel kan moontlik daartoe kan lei dat 17 miljoen amper uitsluitlik swart begunstigdes nie volgende maand hul staatstoelaes kry nie.

City Press berig Magwaza het verskeie kere probeer om die Grondwethof te nader vir leiding oor hoe om die kontrak met Cash Paymaster Services te beëindig en ‘n ander kontrakteur aan te stel, maar is verhoed deur Maatskaplike Ontwikkelingsminister, Bathabile Dlamini.

Magwaza wat vir meer as ‘n week reeds met “siekverlof” is, beweer dat Dlamini hom drie keer verhinder het om dokumente aan die Grondwethof te voorsien.

‘n Navorsingsverslag oor Sassa se onvermoë om die verspreiding van toelaes by CPS oor te neem is glo ook van hom weerhou.

Verder is Sassa-personeel aangesê om slegs leiding van Dlamini se prokureurs te neem, en Dlamini het glo planne om die SA Poskantoor in te trek om toelaes te versprei, gekelder.

Sassa het tot vieruur vanmiddag tyd om die Grondwethof volledige besonderhede te gee van ‘n nuwe kontrak met Cash Paymaster Services om maatskaplike toelaes te betaal.

Die Poskantoor het ook sy dienste aangebied as ‘n alternatiewe opsie om toelaes te versprei. Die hof het verlede week vrae aan Sassa en die departement gestuur en wil weet op daar ‘n ooreenkoms tussen die twee partye is – en indien wel – wat dit behels én of dit wettig is.

Die huidige kontrak verstryk aan die einde van die maand en is vroeër deur die hof as onwettig verklaar. Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini het die moontlikheid dat banke die taak kan oorneem uitgesluit.

Sy sê banke het onder meer nie genoeg toegang tot landelike gebiede nie. Cosatu se sekretaris in die Wes-Kaap, Tony Ehrenreich, sê intussen die arbeidsfederasie oorweeg sy opsies as die regering nie inmeng in die maatskaplike toelae-fiasko nie.

Ehrenreich sê Cosatu-lede gaan die las dra om hul lone te deel met begunstigdes van maatskaplike toelaes indien dit nie uitbetaal word nie. Hy sê die ministerie en regering neem nie dié belangrike aangeleentheid ernstig op nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.