Die twee mans wat vermoedelik ‘n bejaarde vrou op haar plaas in die Kalbasfontein omgewing vir etlike ure gemartel het, is steeds op vrye voet.
Dit kom nadat ‘n 64-jarige vrou Vrydagoggend deur twee mans by haar plaas se hek oorval en later na haar huis geneem is.
Sy is met ‘n skerp voorwerp gesteek en later met elektriese gereedskap gemartel.
Sy is later na ‘n hospitaal in Vereeniging gehaas.
Die twee swart verdagtes het met die vrou se handwapen, voertuig en ander items op die vlug geslaan.
Die motor is later by die plaas se hek opgespoor. Polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini, sê die ondersoek duur voort.
Bron: OFM Nuus