Moslemlande veroordeel Nederlandse rel met Turkye

Nederlandse polisie vat Turk vas; Dienst Speciale Interventies (DSI) ontplooi by die konsulaat
Deel op

Verskeie Moslemlande sowel as Frankryk, het die Nederlandse owerhede veroordeel omdat ‘n Turkse minister gedeporteer is.

Die luidrugtige diplomatieke geskil tussen Nederland en Turkye hierdie naweek het aansienlike onrus veroorsaak.

Verskeie Moslemlande sowel as Frankryk, het die Nederlandse owerhede veroordeel omdat die Turkse minister teruggestuur is Duitsland toe. Die Franse minister van buitelandse minister Jean Marc Ayrault het in Metz gesê die Turkse minister se byeenkoms “is ‘n kwessie van vryheid van assosiasie”.

Yousuf Al-Koda, hoof van die Islamitiese Wasat Party in Soedan, het gesê die skuif teen Turkse ministers is ‘n skending van hul menseregte wat die idee van demokrasie soos “bepleit deur Europa” weerspreek.

Algerië se wetgewer Muhammed al-Hadi Osmaniye het gesê so ‘n “rassistiese” en “uitdagende houding dien verregse groepe” in Europa. “Die Weste wil nie die ontluiking van demokrasie in Moslem gemeenskappe sien nie,” het hy bygevoeg.

Egipte, Irak, Mauritanië en Tunisië het gister ook hul stemme bygevoeg tot ‘n internasionale Islamitiese koor van veroordeling teen Nederland omdat Turkse ministers ‘n politieke saamtrek in Rotterdam gereël het wat hulle wou verhoed.

In Rotterdam is twaalf betogers in hegtenis geneem en nog sewe mense is beseer.

Die onrus kom in die nasleep van die gedwonge vertrek van die Turkse minister Fatma Betul Kaya Sayan. Sy moes uit haar diplomatieke voertuig klim toe ‘n wegsleepvoertuig haar motor opgehaak het – 30m van die Turkse konsulaat – om haar te verhoed om binne te gaan. Sy het histeries begin gil.

Kaya is per polisiebegeleiding en helikopter na die Duitse grens vergesel.

Volgens die Rotterdam Burgemeester Ahmed Aboutaleb, moes Kaya Nederland verlaat omdat die Turke gelieg het oor die bedoeling van haar besoek.

Op 16 April stem Turkye in ‘n referendum oor ‘n aantal veranderinge aan die Turkse grondwet waarin President Erdogan aansienlike bykomende magte kan kry. Sedert die somer van 2014, kan Turke wat in die buiteland woon in Turkse verkiesings stem.

Politici in Turkye, insluitend Kaya, probeer om Turkse burgers wat in Nederland woon te oorreed om te stem vir Erdogan se voorgestelde veranderings in die referendum.

“Dit beteken vir Erdogan dat rondom 5,5 tot 6 miljoen stemme uit die buiteland kan kom,” sê Armand Sag, ‘n Nederlandse ontleder. “Dit mag dalk net die deurslag vir Erdogan wees in die referendum, waar beide partye kop aan kop is.”

Erdogan het gister gesê dat Nederland optree soos ‘n “piesangrepubliek” en sanksies voorgestel.

“Het Europa iets gedoen? Nee, hoekom? Omdat hulle nie mekaar byt nie. Nederland tree soos ‘n piesangrepubliek op,” het hy in ‘n toespraak gesê in die provinsie Kocaeli, naby Istanbul, volgens Reuters.

Vroeër, het Erdogan die Nederlanders beskryf as “Nazi oorblyfsels”.

Nederland wil nie dat Turkse ministers hul politieke veldtogte in Nederland in die openbaar voer nie. Saterdag, het die Nederlandse regering die vlugpermit van die Turkse minister van buitelandse sake, Mevlüt Cavusoglu teruggetrek.

In Frankryk, het Cavusoglu Nederland beskryf as die “sentrum van fascisme” tydens ‘n toespraak.

Na Kaya se vertrek het onluste uitgebreek by die Turkse konsulaat, waar ‘n duisend Turke versamel het. Die Nederlandse regering het probeer om die onluste te onderspeel, maar berede polisiebeamptes moes die woedende skare terugdryf en waterkannone inspan. Traangas en rubberkoeëls is ook gebruik.

Syfers van die Nederlandse Sentrale Buro vir Statistiek (CBS) toon dat uitvoere uit Nederland na Turkye sowat 1 persent van die totale uitvoere van Nederlandse goedere behels.

Turkye het reeds aangekondig dat die Nederlandse ambassadeur vir die oomblik nie meer welkom sal wees nie.

Toeroperateurs TUI en ANVR-Reisbureaus het aan die Nederlandse koerant, De Telegraaf, gesê toeriste kanselleer hul reise na Turkye.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.