WikiLeaks ontbloot globale koverte CIA-krake

Deel op

Die nuutste WikiLeaks donderslag bekend as Vault 7 ontbloot die CIA se inbraakpraktyke, en word beskou as ‘n wekroep vir rekenaargebruikers en IT-reuse.

Die internasionale nie-winsgewende organisasie het onthul hoe die CIA op die hele wêreld met sagtewaregereedskap kan spioeneer deur ‘n teikenrekenaar met PSP-omleiding (persoonlike sekuriteitsproduk) te besmet.

Die inligting wys hoe die Amerikaanse spioenasie-agentskap kwesbaarhede in bekende sagteware en hardeware platforms uitgebuit het om beheer oor te neem, asook besonderhede van die vermoë van die CIA om hul eie inbraakvingerafdruk weg te steek en ander daarvoor te blameer.

Apple en Google het inderhaas na die toenemende onsekerheid oor hul produkte verklarings uitgereik om gebruikers gerus te stel.

Die lekkasies in die tydperk tussen 2013 en 2016 is net die punt van die ysberg. “Die CIA het sy eie aansienlike vloot van krakers,” het die WikiLeaks persverklaring gesê.

“Die vraag is of die CIA se kraakvermoëns sy mandaat oorskry het en ‘n probleem van openbare toesig oor die agentskap geskep het. Die bron wil ‘n openbare debat oor die veiligheid, die skepping, gebruik, verspreiding en demokratiese beheer van kuberwapens inisieer,” sê WikiLeaks.

In ‘n skuif wat waarskynlik verdere verontwaardiging sal uitlok, het BuzzFeed berig dat Nigel Farage die Wikileaks-stigter in die Ecuadoriaanse ambassade in die weste van Londen Donderdag besoek het. Julian Assange woon daar sedert hy asiel in 2012 toegestaan ​​is.

Ecuador se gasvryheid het verhinder dat Assange na Swede gedeporteer is om kamma ondervra te word sodat hy uiteindelik aan die VSA uitgelewer word. Die Wikileaks-stigter is daar gestrand sedertdien, met die Britse polisie wat die gebou onder 24/7 streng toesig bewaak.

Farage het gesê hy kan nie onthou wat hy in die gebou gaan doen het nie. Farage het gesê: “Ek het nog nooit bespreek waar ek gaan of wie ek sien nie.”

Die voortdurende bewerings van “digitale vingerafdrukke” wat agter gelaat is deur “Russiese krakers” is in elk geval nou heeltemal betekenisloos en hopelik sien die Demokratiese Party in die VSA daarvan af om onophoudelik die “Russe” vir al hul probleme te blameer. Dit is duidelik dat die CIA self verantwoordelik is vir wat hulle aan die “Russe” toeskryf.

Die CIA het ‘n aansienlike inventaris van aanvalstegnieke gesteel van ander lande, onder andere die Russiese Federasie.

Een dokument behandel selfs die kraak van voertuigstelsels van onlangse modelle met gesofistikeerde aanboord rekenaarstelsels wat kan lei tot verlies van beheer oor die motor en noodlottige ongelukke kan veroorsaak.

In ‘n Facebook Livestream, het Assange bevestig dat die inligting verkry is uit ‘n geïsoleerde rekenaar by die CIA se hoofkantoor in Virginia. Hy beskryf die verlies as ‘n “historiese daad van verwoestende onbevoegdheid” vir die spioenasie-agentskap.

Hy het ook gesuggereer dat die voormalige Amerikaanse president Barack Obama en huidige president Donald Trump dalk nie eens geweet het hiervan nie. Hy bevraagteken ook dat die CIA maatskappye soos Apple en Google gebruik het om op hul vyande te spioeneer, wat albei kwesbaar gemaak het.

“WikiLeaks het baie meer inligting,” sê Assange. “Sodra hierdie materiaal doeltreffend ontwapen is, sal ons bykomende inligting publiseer oor wat gebeur,” het hy bygevoeg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.