Fort Hare studente staak vir meer geld

Deel op

Swart studente by die Universiteit van Fort Hare weier om klasse by te woon totdat die bestuur gereageer het op hulle eise vir geld en voordele wat volgens hulle nie verlede jaar opgelos is nie.

Dit sluit in gratis beurse deur die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema, nuwe skootrekenaars wat na bewering deur veiligheidswagte gesteel is en die vervoerstelsel wat snags nie werk nie.

Die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema is slegs beskikbaar vir verdienstelike studente, maar die swart studente meen druipelinge moet ook toegang daartoe hê omdat hulle swart en arm is.

Die voorsitter van die studenteraad, Luxolo Nqala sê behalwe die beurse, vervoer en nuwe skootrekenaars, wil hulle ook boeke en kostoelaes hê.

Hy sê hulle het amper die einde van die eerste semester bereik sonder dat die “probleme” opgelos is, bedoelende dat swart betogers alles gratis en verniet moet kry sonder enige teenprestasie.

Die vandale en brandstigters wat ontevrede is omdat hulle nie allesomvattende studiebeurse kry nie, het al miljoene rande se skade by instellings van hoër onderwys veroorsaak.

Volgens Nqala leef talle swart studente in armoede omdat hulle slegs van NSFAS-beurse afhanklik is. Kennelik meen die studenteraadsvoorsitter dat ‘n hoogsgerieflike bestaan hulle toekom.

Die universiteit sê hulle is nog besig om met die studenteraad oor die kwessies te onderhandel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.