Verkeerschaos by OR Tambo na taxi’s paaie versper

Deel op

Motoriste in Gauteng in die omgewing van OR Tambo-lughawe, is gewaarsku dat vertragings voorkom na die Internasionale Lughawe aan die Oos-rand waar meter-taxibestuurders paaie versper het uit protes teen die Uber-vervoerstelsel.

‘n Gedeelte van die N24 na die lughawe word versper tussen Edenvale en die Barbara-afrit. Die rede vir die protesoptrede hou verband met teenstand teen Uber-voertuie wat die taxi’s as ongewensde mededinging beskou.

Motoriste word aangeraai om die N12 te gebruik. Verkeer word reeds erg ontwrig, veral vanaf die Gilooleys-wisselaar en die R21-oos word ook geraak.

Polisie het gesê die protes raak die R21, R24 en N12 hoofweë, en is onwettig. Hulle dreig om metertaxi’s te verwyder en diegene wat betrokke is in hegtenis te neem.

Paaie oral in die omgewing van Pretoria en Kempton Park word geraak deur motoriste wat van ompaaie gebruik maak om die versperrings te vermy.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.