Malaria in Limpopo en Noordwes ‘n bron van kommer

‘n Span gesondheidskenners is besig om malariavoorvalle in Limpopo en Noordwes te ondersoek.

In die weste van Limpopo het meer as 40 pasiente, grootliks plaaswerkers in die Lephalale-, Thabazimbi- en Waterberg-gebiede malaria opgedoen.

Die Waterbergdistrik is vroeër as ‘n malariavrye gebied beskou. Limpopo se LUR van gesondheid, Phophi Ramathuba sê die voorkoms van malaria in die Waterberg is ‘n groot bron van kommer. Volgens haar is van die pasiënte buitelanders wat op plase werk.

In Noordwes sal spanne van die Nasionale Instituut vir Oordaagbare siekte en die provinsiale departement van gesondheid Swartruggens vandag besoek om te toets of malariamuskiete nou in die gebied voorkom.

Hulle sal die Fuls-familie van Swartruggens besoek nadat Riekie Fuls verlede maand dood is.

Haar man het glo later malaria opgedoen en word in die hospitaal behandel. Nie een van hulle het ‘n bekende malariagebied besoek nie.

Beatrice Hahn en kollegas van die Universiteit van Alabama in Amerika het tot die slotsom gekom dat mense malaria van die gorillas geërf het, nadat hulle byna 3000 monsters van die mis van wilde Afrika-ape ondersoek het.

Die naaste verwante van die mees voorkomende malaria-parasiet by die mens, Plasmodium falciparum, is by lewende westelike gorillas gevind. Die bevinding is in September 2010 in die navorsingspublikasie Nature gepubliseer.

Volgens Hahn kon die oordrag van malaria van gorillas na die mens so onlangs as 5000 jaar gelede gebeur het, maar dit kon ook derduisende jare gelede gewees het.

Die uitwerking wat die gorillas se virus op hulle het, is steeds onbekend.

Die simptome sluit koors, koue rillings, sweterigheid, hoofpyn, liggaamspyne, naarheid en braking in. Soms keer die simptome elke 48 tot 72 uur terug, afhangende van die soort parasiet en hoe lank die persoon al die siekte het.

In die inkubasietydperk van ses tot twaalf dae kom die pasiënt niks agter nie. Maar sodra en elke keer wanneer duisende parasiete in die bloed vrygelaat word omdat rooibloedselle oopbars, word hoë koors waargeneem.

Die parasiet het weerstandig begin word teen kinien, ’n middel wat uit die bas van die kinaboom verkry word en wat teen malaria ingespan word.

Teen die jongste eeuwisseling was die statistiek dus steeds skrikwekkend: wêreldwyd het meer as 500 miljoen mense jaarliks malaria opgedoen met meer as ’n miljoen sterftes per jaar, dws twee sterftes per minuut. Dit is verantwoordelik vir een uit elke tien sterfgevalle in ontwikkelende lande.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.