Warden-plaasaanval: Booswigte nog soek

Deel op

Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met die aanval op ‘n boer op sy plaas naby Warden nie.

Die 32-jarige CT Steyn is Sondagaand omstreeks 20:00 deur drie mans in sy slaapkamer oorval. Hulle het geld geëis. Toe hulle nie geld kon kry nie, is Steyn met ‘n skerp voorwerp in die hart gesteek.

Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê die aanvallers het met ‘n selfoon, klere en ‘n musieksentrum in Steyn se bakkie op die vlug geslaan.

Die bakkie is Maandag verlate in Qwaqwa gevind. Steyn se broer, Gerrit, sê CT is nog in ‘n hospitaal se intensiewesorgeenheid ná ‘n opehart-operasie.

Bron: OFM Nuus

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.