ANC Water-minister staan by Palestina

Deel op

Die Minister van Water en Sanitasie, Nomvula Mokonyane, het as lid van die ANC se uitvoerende komitee ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hulle te skaar agter, wat sy noem, “die totale bevryding van Palestina”.

Mokonyane het tydens ‘n lesing ter herdenking van Israelse Apartheidsweek in Stellenbosch gepraat.

Sy sê Suid-Afrikaners het eens ook Apartheid ervaar, maar het die stelsel deur eenheid, solidariteit en met die steun van organisasies soos die Parlestynse Bevrydingsorganisasie verslaan.

Sy sê dit is onaanvaarbaar dat mense se water afgesny word, nie omdat daar nie water is nie, maar slegs om hulle leed aan te doen, en daarom moet Suid-Afrikaners sulke optrede verwerp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.