Is R20 miljoen of R200 miljoen by die lughawe gesteel?

Deel op

Dinsdag het gewapende mans geklee as polisiebeamptes meer as R20 miljoen in buitelandse valuta van die vraggebied gesteel. Sommige berigte sê dit is R200 miljoen. Teenstrydige berigte bestaan oor hoeveel geld presies geroof is en bewerings is nog onbevestig.

Die polisie het twee van die voertuie wat gebruik is in Dinsdag se multi-miljoenrandse rooftog by die O R Tambo Internasionale Lughawe aan die Oos-rand, in Mamelodi, oos van Pretoria, gevind.

Die Minister van Polisie, Nathi Nhleko het vroeër gesê die polisie se soektog na die rowers duur “onverpoosd” voort.

Nhleko sê die hoeveelheid geld wat geroof is, vorm deel van die ondersoek en geen inligting kan daaroor bekend gemaak word nie. Dié vaagheid laat vermoede ontstaan dat die geld met dwelmhandel verbind kan word en dat die regering bewus is van die kwessie.

Acsa het bevestig dat die twee voertuie wat gebruik is, teruggevind is in Mamelodi.

Die jongste rooftog by die sogenaamde veilige kant van die OR Tambo Internasionale Lughawe kom net vyf maande nadat ‘n bende weggekom het met ‘n beraamde een-en-‘n-half ton van elektroniese goedere in kratte.

Dinsdagaand, het die misdadigers die fasiliteit geklee soos polisiebeamptes binnegedring, maar soos in die voorval in Oktober het hulle hulp van personeel by die lughawe gehad.

Die Air Cargo operateurs se Alwyn Rautenbach sê talle sulke voorvalle is verlede jaar alleen aangeteken.

“Ons het ‘n bekommernis dat polisie-uniforms gebruik is en gemerkte polisiemotors is ook gebruik. Dit wil voorkom asof vir ons asof die polisie betrokke is.”

Rautenbach het gesê in 2016 was daar 10 rooftogte in die vragruim, vier wat deur mense in polisie-uniforms gepleeg is.

Die voertuie is ‘n bakkie waaraan Polisie-kentekens aangebring is en die ander een is ‘n Ford Focus.

Vroeër het die lughawensmaatskappy – ACSA – al die sekerheidswagte, wat tydens die rooftog aan diens was, as voorsorgmaatreël vervang.

“Die geld was in ‘n lae denominasies in Amerikaanse dollar, pond en euro,” sê ‘n bron.

Dit is nie die eerste keer dat die polisie na bewering met misdaad by die lughawe verbind word nie. In die parlement verlede maand het die baas van die Onafhanklike Polisie-ondersoek Direktoraat Robert McBride gesê die polisie voer ‘n oorlog onder mekaar vir die beheer van dwelms wat deur die lughawe beweeg.

Hy het gesê Opod ondersoek gevalle waar die polisie en die Valke op mekaar geskiet het en mekar vermoor het om die beheer oor dwelmverspreiding en winste te kry.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.