Duitse armoede bereik rekordhoogtepunt veral onder bejaardes

Deel op

Ten spyte van lae werkloosheid, het Duitse armoede rekordhoogtes bereik.

NUUT!

‘n Nuwe verslag het aan die lig gebring dat meer Duitsers nou armer is as op enige tydstip sedert hereniging.

En die getal van wit Duitse pensioenarisse onder die broodlyn het gestyg met ‘n onrusbarende 49 persent in ‘n dekade, het die Welsynsvereniging bekend gemaak.

Wolfram Friedersdorf, hoof van die Menslike Solidariteitsassosiasie, noem dit ‘n “stortvloed” van bejaarde armoede. Streke wat die meeste geraak word deur swaarkry vir bejaardes, is Berlyn en die Ruhr van Noordryn-Wesfale.

“Met 15,7 persent van Duitsers in armoede, het ons ongelukkig ‘n hoogtepunt bereik sedert hereniging,” het Ulrich Schneider, hoof van die Gelyke Welsyn Assosiasie, verlede week gesê.

Die Vereniging sê dat 12.900.000 mense in Duitsland onder die armoededrempel verkeer het in 2015, en in 2005, 14,7 persent van Duitsers onder dié vlak geleef het.

“Ekonomiese ontwikkeling het al lank nie meer die vermindering van armoede meegebring nie,” het Schneider uitgewys.

Die syfers is gebaseer op die amptelike syfers van die Federale Buro vir Statistiek (Destatis) wat die deel van die bevolking met ‘n inkomste van minder as 60 persent van dié van die gemiddelde Duitse huishoudelike inkomste meet.

Terwyl Destatis mense onder die 60 persent merk klassifiseer as “bedreig deur armoede”, het die Welsynvereniging hulle beskryf as armoedig.

Meer kommerwekkend is dat die toename in armoede kom ten spyte van jare van dalende werkloosheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.