Die Valke, die polisie en die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika probeer glo om meer inligting te kry oor ‘n gewapende roof by die OR Tambo-lughawe.
Die rooftog was omstreeks kwart voor agt gisteraand. ‘n Bedrag wat enigiets tussen 20 en 40 miljoen rand is glo gebuit.
Volgens ACSA is geen skote gevuur nie en niemand is beseer nie. Die rowers het weggekom.
Die polisie sê dit is nog onbekend wat gesteel is en wou nie berigte bevestig dat miljoene rand van ‘n vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens gesteel is nie.
Die woordvoerder sê die polisie weet wat gebeur het maar inligting sal eers later bekendgemaak kan word.