Swart inwoners maak amok in Qwa Qwa oor water

Deel op

Brandende bande en klipgooiery in die strate is hoe die inwoners van Tseseng (Wyk 20) ​​in Phuthaditjhaba verkies om te wys dat die plaaslike munisipaliteit hulle moet voorsien van water.

Volgens polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, het 30 inwoners van wyk 20 Dinsdagoggend die hoofpad langs Manthatisi Hoërskool met klippe en brandende bande versper want hulle protesteer oor water. Die polisie is na die toneel ontbied.

Terwyl Mophiring die voorval bevestig het, het hy geweier om meer besonderhede rondom die aantal arrestasies wat gemaak is te gee en verklaar dat die polisie ‘n verklaring later gaan vrystel in die dag ná ondersoeke na die aangeleentheid.

Intussen, het ‘n woordvoerder van die nasionale departement van water en sanitasie, Sputnik Ratau, gesê hy weet nie van die nuus oor die protes nie, maar het hy die mense van Tseseng se manier van protes veroordeel, selfs al is hulle redes vir die protes te verstane.

Ratau sê dat die DWS is op soek na maniere om te verseker dat die korrekte infrastruktuur in plek is wat inwoners van Qwaqwa in staat sal stel om maklik toegang te verkry tot water.

Hy voeg by dat inwoners moet daarop let dat, terwyl die departement nie meer water met water tenkwaens gaan aanry noe omdat dit te duur is om te doen, sal die departement steeds voortgaan om water te voorsien aan die gebiede wat dit die nodigste het.

Dit is egter nie duidelik wat hy daarmee bedoel nie. Dit lyk asof die gebied nie water afgelewer gehad het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.