Riool tas plakkers se ‘menseregte’ aan sê DA

Deel op

Verskeie swart gesinne in Ikageng, naby Potchefstroom in Noordwes, woon al maande lank kniediep in onverwerkte riool wat in en om hul huise loop.

Nou gaan ‘n wit raadslid van die DA hulle bystaan, want self doen die mense niks daaroor nie. Die Demokratiese Alliansie in Noordwes het Dinsdag aan OFM-nuus bevestig dat die party van voorneme is om ‘n klag teen die munisipale bestuurder by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, sowel as ‘n kriminele klag by die polisie, in te dien.

Die DA beskou dit as ‘n “ernstige menseregteskending”, en dat die situasie ernstige mediese implikasies inhou vir diegene wat gedwing word om onder hierdie omstandighede te leef.

“Ons het klagtes uit die gemeenskap ontvang – spesifiek Uitbreiding 11 in Ikageng – dat hulle al sedert Desember in riool sit. Die mense se huise is omring deur riool, as gevolg van rioolpype wat nie skoongemaak word nie. Hul klagtes val op dowe ore by die munisipaliteit. Hul kinders het al veluitslae; van hulle kan nie meer in hul huise leef nie; en ons het besluit om hierdie [saak] na die Menseregtekommissie te verwys,” sê die raadslid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.