Sweedse minister van integrasie lieg oor verkragtingsyfer

Deel op

Nadat sy die BBC vertel het dat die aantal seksuele misdade in Swede besig is om te daal, moes Swede se minister integrasie Ylva Johansson haar liegstories sluk en om verskoning vra.

Die mees onlangse syfers toon duidelik ‘n 13 persent toename in aangemelde seksuele misdade in Swede in 2016, en ‘n algemene toename oor die afgelope tien jaar.

Tydens ‘n onlangse onderhoud met die BBC, het die minister egter verklaar: “Ons kan sien dat die vlakke afgaan, en afgaan, en afgaan,” maar ongelukkig is dit nie die geval nie.

Sweedse sosiale media asook Twitter was aan die brand met ‘n geskal van verontwaardiging oor haar misleidende verklaring tydens haar TV-optrede.

‘n Sweedse politikus, Elisabeth Svantesson het getwiet: “Ons het nie nog fopnuus nodig nie.” Sy het ook ‘n beroep op die Minister gedoen om haarself te verduidelik. “Op watter manier is die aantal seksuele misdade besig om te verminder?”

Johansson moes vinnig haarself Saterdag red van ‘n yslike verleentheid. “Ek het my antwoord gebaseer op inligting wat ek het op daardie oomblik gehad het,” het sy aan die koerant Dagens Nyheter vertel. Dit klink onheilspellend soos ‘n verduideliking vir ‘n ideologiese vooroordeel want ‘n minister van sogenaamde “integrasie” wat nie eers die basiese kennis dra van wat die immigrante mee doenig is nie, laat ‘n mens wonder.

“Die voorlopige syfers vir 2016 toon ongelukkig dat die syfers aan die toeneem is,” het sy gesê en bygevoeg: “Dit is belangrik om korrek te wees, natuurlik.” Die aantal verkragtings in Swede het met 13 persent in 2016 toegeneem tot 6 560, ‘n syfer waarvan die Minister baie bewus moes gewees het.

Johansson, het tydens haar onderhoud op BBC News, ook ontken dat daar enige verband tussen misdaad en immigrasie is: “Ons kan geen verband tussen misdaad en immigrasie sien nie.”

“Ons is ‘n immigrasieland al vir twintig jaar … in dieselfde tyd, het die misdaadvlakke afgegaan. So ons kan nie regtig ‘n verband sien nie”, het sy gesê.

“Die vlak van verkragtings is nie eintlik hoog in Swede nie”, het sy ook gesê, nadat Nigel Farage onlangs gesê het Malmö is die “verkragtinghoofstad van Europa”. Die minister het ook beweer dat Farage “nie regtig weet waarvan hy praat nie”.

Oor die afgelope dekade het die aantal aangemelde verkragtings van 4 208 in 2006 tot 6 560 in 2016 gestyg, volgens die Nasionale Raad Sweedse vir Misdaadvoorkoming soos gerapporteer deur Aftonbladet.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.