‘Slegs nie-blankes’ vir mond-tot-mond asemhaling

Deel op

York Universiteit in Toronto, Kanada, se swart studentgroep bied noodhulpopleiding uitsluitlik vir swart studente aan. Hulle sê hul blatante rassediskriminasie is deel van hul “plig” om die swart gemeenskap te help.

‘n Foto op hul Twitterbladsy van die groep, YUBSA, bevestig dit is slegs vir swart studente.

In ‘n verklaring wat uitgereik is op hul Facebook-blad, blameer YUBSA “anti-swart rassisme” vir die verontwaardiging oor hul program. Die groep het verduidelik dat, terwyl noodhulp iets is “waar almal in staat moet wees om toegang te verkry,” is hul dienste streng vir die swart gemeenskap en dit is nie rassisties nie.

“In ons pogings om hierdie te bied aan ons swart lede van die gemeenskap, is ons pogings met weerstand en anti-swart rassisme begroet.”

Die verklaring lui voorts: “YUBSA wil dit baie duidelik maak… dat dit op geen manier in enige betekenis rassisties is nie.”

Die groep verdedig hul besluit om net die program aan die swart gemeenskap aan te bied, deur York Universiteit se beweerde “lang geskiedenis van uitwissing van swart organisasies, swart studente en swart ruimte op dié kampus” uit te wys. Volgens die groep, beteken dit dat hulle nou ‘n “plig” het om net dienste slegs aan swart studente te bied.

“Ons is gekies om die belange van die swart studente by York te verteenwoordig binne ‘n anti-onderdrukkende raamwerk.”

Die groep het hul verklaring afgesluit deur mense te vra om hul “anti-swart rassisme in toom te hou” en om “beter te doen” as dit.

Die groep het ook hul verontwaardiging op Twitter te kenne gegee, en verklaar dat “anti-swart rassisme” die rede vir die ontsteltenis is.

Te midde van die omstredenheid, het YUBSA nóg ‘n verklaring uitgereik wat beweer “wittes is nie ‘n gemarginaliseerde groep” nie, en hulle het daarom nie hul eie ruimtes op kampus nodig nie.

YUBSA het wittes aangemoedig om menseregteklagtes in te dien teen hulle sodat hulle dit kan “versamel” om boek te hou van al die “anti-swart rassisme wat York voortdurend versuim om te erken en altyd teenwoordig is op dié kampus”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.