Toelae-krisis: Minister speel die raskaart

Deel op

Die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het uiteindelik die raskaart gespeel toe sy in ‘n hoek gedruk word oor haar swak hantering van die toelae-krisis.

Sy het rolspelers in Kaapstad oor die chaos met maatskaplike toelaes ingelig, nadat sy verskeie kere nie opgedaag het in die Parlement nie.

Sy het die geleentheid gebruik om die media oor die kole te haal, en gesê swart joernaliste verstaan die gevolge van die nie-betaling van toelaes terwyl wittes hulle eie agenda probeer bevorder.

Dlamini sê van die drie bieërs wat aansoek gedoen het om die toelaes te hanteer, nadat die Grondwethof die tender aan CPS tersyde gestel en ‘n nuwe proses gelas het, het een hom onttrek terwyl die ander twee nie die vermoë gehad het om die werk te doen nie.

Sy voer sonder ironie aan dat haar Departement twee jaar lank onsuksesvol probeer het om ‘n alternatiewe verskaffer te kry.

Dlamini het ontvangers van toelaes die versekering gegee dat hulle wel hulle toelaes op 1 April sal ontvang omdat CPS glo sal aanbly om die werk te doen, sonder ‘n kontrak.

Die voorsitter van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, Themba Godi, sê ‘n vergadering oor die krisis met die betaling van toelaes sal vandag voortgaan, ongeag of Dlamini, teenwoordig is of nie.

Dlamini moes SKOOR reeds verlede week inlig oor die dreigende krisis, maar sy het nie vir die vergadering opgedaag nie.

Die Minister het intussen gesê sy is ten gunste van die hernuwing van die kontrak met die diensverskaffer, CPS, alhoewel die Grondwethof in 2013 reeds beslis het dat die bestaande kontrak ongeldig is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.