Skokgranate en rubberkoeëls teen amokmakers noord van Johannesburg

Deel op

Betogers het die R-55 by Summit-rylaan in die Olivenhoutbosch omgewing, noord van Johannesburg met klippe en brandende bande versper.

Die inwoners het bande gebrand en verskeie paaie versper. Gistermiddag is winkels geplunder.

Die inwoners is ontevrede oor gebrekkige dienslewering, misdaad en wat hulle noem, ongerymdhede met die toewysing van HOP-huise.

Motoriste moes gisteraand van alternatiewe roetes gebruik maak, om die N-1 of N-14 nadat die polisie hulle aangeraai het om nie deur die gebied te ry nie.

Die situasie in Olivenhoutbosch van egter gisternag kalmer ná Maandag se sporadiese geweld tydens ‘n diensleweringsbetoging nadat die polisie rubber koeëls en skokgranate gebruik het om betogers te verjaag.

Die protes was oor dienslewering en geen xenofobiese geweld is aangemeld nie, het die polisie gesê.

Die polisiewoordvoerder, Kay Makhubela, sê twee mense is in hegtenis geneem wat probeer het om ‘n raadslid se huis aan die brand te steek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.