Boer kritiek na plaasaanval tussen Warden en Verkykerskop

Deel op

Boere in die omgewing het saamgestaan en met die hulp van die polisie drie swart verdagtes agterna gesit na ‘n plaasaanval tussen Warden en Verkykerskop.

Volgens Vrystaat Landbou is die 32-jarige CT Steyn aangeval deur drie swartes omstreeks 20:00 gisteraand toe hulle kontant by hom geëis het.

Steyn is met ‘n mes in die hart gesteek en moes sedertdien ‘n noodoperasie ondergaan. Hy is tans in ‘n kritieke maar stabiele toestand in die hospitaal.

Die verdagtes het gevlug met sy Toyota Hilux-bakkie, klere, selfoon en ander items volgens die polisie. Die bakkie is gevind naby Bluegumbosch in Qwaqwa vanoggend. Die hoof uitvoerende beampte van Vrystaat Landbou, Henk Vermeulen, sê meer moet gedoen word om “misdaad” uit te roei op boerderygemeenskappe.

“Misdaad is regtig besig om tot die punt te beweeg waar dit soms voel asof dit buite beheer is. Die polisie kan nie op elke enkele plek 24 uur per dag wees nie. Ons moet kyk hoe ons ons eie gebiede kan beheer. Ons is baie tevrede dat die boeregemeenskap onmiddellik gereageer het,” sê Vermeulen.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n saak van roof.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.