Vyf swartes wat verlede week in hegtenis geneem is in verband met die plaasaanval op ‘n vrou naby Arlington sal weer in die hof vandag verskyn.
‘n Polisiewoordvoerder, Zweli Mohobeleli sê neefs Tseko Radebe (30), Ramonyaduwa Radebe (37), Mokwanyane Radebe (33), saam met Mhlupheki Malindi (32) en Pule Motlong sal na verwagting om borgtog aansoek doen.
Die vyf is in hegtenis geneem in verband met die aanval op Pauline van Zyl van die Roodekraal plaas. Van Zyl was het tuis gekom uit die dorp, vroeg Maandagaand, toe die aanvallers toegeslaan het.
Haar man Stefan was nie by die huis ten tyde van die aanval nie. Mohobeleli het gesê die swart aanvallers het geld geëis en Van Zyl gedwing om die kluis oop te sluit. Sy is vasgebind en drie vuurwapens is gesteel.
Twee van die verdagtes is in hegtenis geneem kort ná die aanval, terwyl die ander ‘n paar dae later in hegtenis geneem is in Arlington en Lindley.