Pateet Macron blameer ‘Russiese krakers’ vir sy probleme

Deel op

Emmanuel Macron, soos verloorder Hillary Clinton, is blykbaar die jongste slagoffer van “Russiese krakers”. Hy is geteiken deur ‘n parallelle “Russiese kraak- en fopnuus-veldtog”, volgens sy digitale veldtog bestuurder.

Maar die tweetjies kon nie enige bewyse van sodanige bedrywighede gee nie.

Mounir Mahjoubi beweer “Russe” is agter voortgesette “hoë vlak aanvalle” met die Russiese staatsbeheerde media as die “eerste bron van vals inligting”. Mahjoubi het by Sky News gekla: “Kom ons wees presies hieroor.”

Ongelukkig kon Mahjoubi alles behalwe “presies” wees en het hy eerder simptome van breinvries openbaar met onsamehangende beskuldigings teen “verregses”.

“Ons beskuldig Russia Today (RT) en Sputnik News as die voorste bronne van valse inligting oor ons kandidaat en al die ander simbiotiese maniere van al hierdie fascistiese organisasies of verregse nuusorganisasies.”

Die sogenaamde “kraak” beskuldigings kan nie verduidelik hoekom Macron se vertoning in die meningspeilings so pateties is nie, want die media hemel hom op as die “wenner”.

Mahjoubi erken boonop dat die “kraak” geen effek gehad het nie: “Ons was die teikens van verskeie pogings van krakery, maar ons het daarin geslaag om almal van hulle te keer.”

Mahjoubi het met Sky News by die hoofkwartier van Macron se beweging, En Marche, gepraat. Die beweging het nie lede nie, want dis nie ‘n politieke party nie. Dis maar ‘n maand of wat oud.

Hillary Clinton het tydens die Amerikaanse verkiesings verlede jaar dieselfde twak kwytgeraak oor die “Russe” om te verklaar hoekom sy verloor het.

Mahjoubi sê hy glo Macron is ‘n teiken omdat hy ‘n globalistiese, pro-Europa, pro die euro, intervensionistiese en liberale houding het – almal standpunte wat baie kiesers in verskeie EU-lande, asook die VSA reeds verwerp het. Hy sê Marine Le Pen is die “vyand”.

“Hierdie idees van ‘n meer oop Europa, van ‘n sterker Europa, van ‘n meer progressiewe Frankryk, hierdie idees vir sekere lande in die wêreld en vir sekere private organisasies is idees waarteen daar geveg word,” sê Mahjoubi. Maar duidelik begryp hy nie waarom kiesers in opstand is daarteen nie.

Nie Macron of sy personeel by En Marche weet mooi wat aangaan nie: “Die enigste ding wat ons kan sê, is dat die helfte van al die aanvalle uit die Oekraïne kom.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.