Sassa-minister trap verder klei

Deel op

Die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het Suid-Afrikaners die versekering gegee dat maatskaplike toelae volgende maand uitbetaal sal word. Sy het ook erken dat “ons stelsel die ergste vorm van misdryf en diefstal ervaar het”.

Maar tydens Sondag se Sassa nuuskonferensie het dit geblyk dat geen kontrak onderteken is met Cash Paymaster Service (CPS) vir April nie en geen ooreenkoms of plan is nog in plek met die tesourie nie.

Vrydagaand het die Departement se woordvoerder Lumka Oliphant ‘n verklaring uitgereik waarin gesê is dat Sassa en CPS ‘n ooreenkoms bereik het. Toe nie.

Dlamini, wat wegkruip en nie by die parlement opdaag waar die kwessie bespreek word nie, het uiteindelik die media in Pretoria toegespreek oor die onstuimigheid wat in die departement heers, waaronder ‘n hofgeding en die bedanking van die direkteur, Zane Dangor.

Dlamini sê die huidige diensverskaffer CPS kon nie vervang word nie weens die traagheid van ander ondernemings om op tenders te reageer.

Die Grondwethof het reeds in 2014 gelas dat die departement betalings van toelae moet oorneem nadat daar bevind is dat daar ongerymdhede met die aanstelling van CPS was.

Ben Theron, portefeuljebestuurder direkteur vir die burgerlike organisasie Outa, het die inligtingsessie van Dlamini Sondag as “niks minder as ‘n skande” nie beskryf.

“Ons verwag dat die minister die status van onderhandelinge, die koste en die proses om dit oor te dra van die verantwoordelikheid van die kontrakteur na die in-huis uitbetalingbestuurspan te deel,” het Theron gesê.

“In plaas daarvan, was dubbel-pratery en ontkenning aan die orde van die dag, met geen duidelikheid oor die skielike bedanking van mnr Dangor, haar direkteur-generaal, of die afwesigheid van die hoof uitvoerende beampte van Sassa by die inligtingsessie nie,” het Theron gesê.

Dlamini sê dat die poskantoor ‘n belangrike rolspeler in die betaling van toelaes sal bly, en het ook bekend gemaak dat die maatskaplike agentskap, Sassa, ‘n geïntegreerde administrasie- sowel as betalingstelsel sal oprig.

Dlamini sê hierdie proses behoort teen April 2019 afgehandel te wees.

Die tegnologiemaatskappy, NET1, wat die verspreider van die maatskaplike toelaes, CashPay Master Services oftewel CPS besit, sê alle maatskaplike toelaes sal op 1 April betaal word ten spyte daarvan dat hulle geen nuwe kontrak met SASSA het nie.

Maar dit is steeds nie duidelik watter diensverskaffer gekontrakteer sal word om die toelaes te versprei nie. Die uitvoerende hoof van NET1, Serge Balamant, sê die Grondwethof het die kontrak tussen hulle en Sassa as ongeldig verklaar, maar dit duidelik gestel dat dit nie handel oor foute deur CPS nie, maar eerder Sassa se optrede in die tenderproses.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.