Wêreldrekord vir springhaas-jag by veiling

Deel op

Drie buffel-jagpakette ter waarde van R130 000 elk is tydens die eerste Philippolis-wildsveiling van die jaar verkoop. Ander jagpakkette het tussen R25 000 en R35 000 behaal. En dan was daar ook die springhaas-jagpakket.

‘n Tong-in-die-kies wêreldrekord is tydens hierdie veiling opgestel.

“Ja en dan het ons ‘n nuwe wereldrekord opgestel in Philippolis. Sover ons weet is dit ‘n eerste wat ‘n springhaaspakket verkoop is gesamentlik met springbokke, en hierdie pakket het dan ook R8 000 behaal. So ons is baie opgewonde oor die springhase wat in die pakket dan as ‘n wêreldrekord aangebied word. Baie geluk Philippolis hier op Otterskloof!” vertel Lukas Kleynhans, afslaer van Vleissentraal.

Kleynhans wat die veiling aangebied het, sê daar was ‘n verskeidenheid van wild, onder meer nyalas, springbokke, blou- en swartwildebeeste, asook blesbokke, op die veiling te koop.

Kleynhans se die jagpakkette wat aangebied is, het skaflike pryse behaal. Bykans 400 stuks wild is op die veiling op die Otterskloof Private Wildsplaas naby Philippolis in die Vrystaat te koop aangebied.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.